Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

JW.ORG-WEBWERF

Algemene vrae – JW.ORG

Algemene vrae – JW.ORG

Ons ondersteun die meeste moderne bedryfstelsels en webblaaiers. Ons webwerf sal dalk nie op ouer bedryfstelsels en webblaaiers werk nie omdat ouer weergawes nie gereeld sekuriteitsbywerkings by hulle verskaffer kry nie. Jy sal die beste resultate kry as jy die jongste weergawe van jou webblaaier installeer.

Die volgende webblaaiers word nie ondersteun nie:

Internet Explorer weergawe 10 en ouer. As jy ’n rekenaar met ’n ouer bedryfstelsel gebruik wat nie jonger weergawes van Internet Explorer ondersteun nie, moet jy asseblief ’n ander webblaaier installeer.

● Opera Mini

Die volgende bedryfstelsels vir elektroniese toestelle word ondersteun:

● Android 4.2 en nuwer

● iOS 9.0 en nuwer (beperkte ondersteuning vir ouer iOS-toestelle)

 

Daar is ’n hele paar maniere om dit te doen, wat die volgende insluit:

  • Laai die JW Broadcasting-app af, wat beskikbaar is vir Amazon Fire TV, Apple TV (4de generasie) en Roku.

  • As jy ’n slim-TV het met ’n ingeboude webblaaier, sal jy dalk jw.org kan oopmaak en video’s kan speel. Maar dit is nie vir ons moontlik om elke beskikbare slim-TV-model te ondersteun nie. Daarom speel video’s nie op alle modelle nie.

Jy kan ook ’n rekenaar of ’n mobiele toestel gebruik om video’s op jou TV te kyk. Hierdie opsies laat jou toe om video’s te stroom van jw.org en om video’s te speel wat op jou toestel afgelaai is.

  • As jy ’n Apple-rekenaar of -mobiele toestel en ’n Apple TV-toestel het, kan jy AirPlay gebruik om die video’s op jou TV te kyk. Besoek Apple se aanlyn ondersteuningsdiens vir meer inligting.

  • As jy ’n Google Chromecast-toestel het, kan jy ’n video op jou TV speel deur ’n Chrome-webblaaier. Besoek Google se aanlyn ondersteuningsdiens vir meer inligting.

  • Jy kan dalk jou rekenaar, tablet of slimfoon aan jou TV koppel deur middel van ’n HDMI-, DVI-, VGA- of S-videoverbinding. Lees die handleiding vir jou rekenaar of mobiele toestel en jou TV om die beste opsie te vind.

 

’n Vriend wat weet hoe JW.ORG werk, kan jou help. Of jy kan ook die naaste takkantoor kontak.