Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

WATCHTOWER LIBRARY

Bywerking van Watchtower Library

Bywerking van Watchtower Library

Jy kan Watchtower Library toelaat om outomaties vir bywerkings aanlyn te soek, of jy kan publikasies en artikels in Watchtower Library bywerk deur ’n bywerkingspakket te gebruik.

Outomatiese bywerking

Volg die volgende stappe om Watchtower Library toe te laat om bywerkings vir nuwe publikasies en artikels aanlyn te soek.

  1. In Watchtower Library klik op die Biblioteek-kieslys en klik dan op Eienskappe om die Eienskappe van die biblioteek-venster oop te maak.

  2. In die Eienskappe van die biblioteek-venster klik op die Bywerkings-tab en kies dan die opsie Laai bywerkings outomaties af.

  3. Wanneer ’n bywerking aanlyn beskikbaar is, sal daar ’n boodskap verskyn wat jou vra of jy dit wil aflaai. Klik Ja as jy Watchtower Library wil toelaat om die bywerking af te laai en toe te pas.

Nie-outomatiese bywerking

Jy kan Watchtower Library bywerk deur ’n bywerkingspakket te gebruik. Om die nuutste bywerkingspakket te kry, eksporteer dit van ’n bygewerkte weergawe van Watchtower Library of laai dit af deur die knoppie op hierdie blad te druk.

Eksporteer ’n bywerkingspakket

Skep ’n bywerkingspakket deur die volgende stappe te volg:

  1. In Watchtower Library klik op die Hulp-kieslys, klik dan op Installeer bywerkingspakket self en dan op Skep bywerkingspakket.

  2. Kies ’n plek op jou rekenaar waar jy die bywerkingspakket wil stoor, en klik dan op die Save-knoppie. Watchtower Library sal ’n bywerkingspakket skep met ’n lêernaam wat eindig met “.updatepkg”.

Laai ’n bywerkingspakket af

Klik op die knoppie hieronder om te kyk of ’n bywerking vir Watchtower Library in jou taal beskikbaar is. As dit beskikbaar is, volg die boodskappe om die lêer op jou rekenaar te stoor.

Pas ’n bywerkingspakket toe

Om Watchtower Library by te werk deur ’n bywerkingspakket te gebruik, volg die volgende stappe:

  1. In Watchtower Library klik op die Hulp-kieslys en klik dan op Installeer bywerkingspakket self en dan op Pas bywerkingspakket toe.

  2. In die File Explorer-venster wat oopmaak, gaan na die lêer wat eindig met “.updatepkg”. Kies die lêer en klik op die Open-knoppie om die bywerking in Watchtower Library toe te pas.