Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Kirgistan

GLANSPUNTE VAN DIE AFGELOPE JAAR

Toewyding van takkantore

Toewyding van takkantore

PLAASLIKE en buitelandse konstruksievrywilligers het een en ’n half jaar lank hard gewerk om takfasiliteite in Bisjkek, die hoofstad van Kirgistan, op te knap en te vergroot. Die toewydingsprogram is op 24 Oktober 2015 gehou, net ’n maand nadat die projek klaar was. ’n Gehoor van meer as 3 000 in 18 Koninkryksale en 5 ander vergaderplekke was bly om by die program te kon inskakel. Stephen Lett van die Bestuursliggaam het die toewydingstoespraak gehou met die aanmoedigende tema: “Dien Jehovah met ’n volkome hart.” Die volgende dag is daar ’n geloofversterkende program gehou, en die meeste verkondigers in die land kon daarna luister.

Kirgistan-takkantoor

Op Saterdag 14 Mei 2016 het ’n gehoor van 6 435 die toewyding van die takkantoor in Armenië bygewoon. Die takkantoor neem ses verdiepings in beslag van ’n pragtige 18-verdiepingwoongebou. ’n Byeenkomssaal en fasiliteite van die Skool vir Koninkrykspredikers is ook toegewy. Die toesprake tydens die program het die klein begin van Jehovah se knegte in Armenië beklemtoon. Die werk het in die vroeë deel van die 20ste eeu onder Armeense immigrante in die Verenigde State begin, en daarna in die middel-1970’s in Armenië self toe die land nog deel van die Sowjetunie was. In onlangse jare is die organisasie daar wetlik geregistreer en is die takkantoor gestig. Baie van die wat daar teenwoordig was, sou hulle nooit kon voorstel dat hulle sulke opwindende teokratiese vooruitgang sou beleef nie. Die hoogtepunt van die geleentheid was toe almal heelhartig met David Splane van die Bestuursliggaam saamgestem het dat daardie pragtige fasiliteite aan Jehovah toegewy moet word.

Armenië

Bo: Toewydingsprogram vir Armenië se takkantoor

Middel: Broers en susters woon die spesiale naweekprogram by

Onder: Tradisionele Armeense dans gedurende die aand