Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 34

Hoe kan ons wys dat ons lief is vir Jehovah?

Hoe kan ons wys dat ons lief is vir Jehovah?

Is jy nou liewer vir God as toe jy die Bybel begin studeer het? Wil jy graag aanhou om jou vriendskap met hom sterker te maak? As dit so is, onthou die volgende: As Jehovah sien dat jy liewer vir hom word, sal hy liewer vir jou word en meer vir jou omgee. Hoe kan jy vir hom wys dat jy lief is vir hom?

1. Hoe wys ons vir Jehovah dat ons lief is vir hom?

Ons wys ons liefde vir Jehovah deur hom te gehoorsaam. (Lees 1 Johannes 5:3.) Hy dwing niemand om gehoorsaam te wees aan hom nie. Hy gee elkeen van ons eerder die geleentheid om te kies of ons gehoorsaam aan hom sal wees of nie. Hoekom? Jehovah wil hê dat ons “uit die hart gehoorsaam” moet wees (Romeine 6:17). Met ander woorde, hy wil hê dat jy gehoorsaam moet wees aan hom, nie omdat jy moet nie, maar omdat jy lief is vir hom. Deel 3 en 4 van hierdie boek is ontwerp om jou te help om jou liefde vir Jehovah te wys deur dinge te doen wat hom gelukkig maak en weg te bly van dinge wat hom nie gelukkig maak nie.

2. Hoekom kan dit moeilik wees om te wys dat ons lief is vir Jehovah?

“Die regverdige het baie probleme” (Psalm 34:19). Ons almal sukkel met ons eie onvolmaakthede. En ons het dalk ook geldprobleme, word onregverdig behandel of kry dalk op ander maniere swaar. Wanneer ons deur moeilike tye gaan, is dit dalk nie vir ons maklik om te doen wat Jehovah van ons vra nie. Dit is omdat dit dalk makliker is om die verkeerde ding te doen. Maar wanneer jy altyd doen wat Jehovah vir jou sê om te doen, wys jy dat jy liewer vir hom is as vir enige iets anders. En jy wys dat jy lojaal is aan hom. Hy sal dan lojaal wees aan jou. Hy sal jou nooit verlaat nie. – Lees Psalm 4:3.

SOEK DIEPER

Leer hoekom dit Jehovah gelukkig maak wanneer jy gehoorsaam is aan hom en wat jou kan help om dit te doen.

3. ’n Beskuldiging wat jou raak

In die Bybelboek Job het Satan die man Job beskuldig, maar ook alle ander mense wat Jehovah wil dien. Lees Job 1:1, 6–2:10, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Hoekom was Job gehoorsaam aan Jehovah volgens Satan? – Sien Job 1:9-11.

  • Wat het Satan oor alle mense gesê, insluitende oor jou? – Sien Job 2:4.

Lees Job 27:5b, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe het Job gewys dat hy regtig lief is vir Jehovah?

Job het gewys dat hy lief is vir Jehovah deur lojaal aan Hom te bly

Ons wys dat ons lief is vir Jehovah deur lojaal aan hom te bly

4. Maak Jehovah se hart bly

Lees Spreuke 27:11, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Hoe voel Jehovah wanneer jy wys optree en hom gehoorsaam? Hoekom?

5. Jy kan lojaal aan Jehovah wees

Ons liefde vir Jehovah motiveer ons om ander van hom te vertel. Ons lojaliteit aan hom motiveer ons om dit te doen selfs wanneer dit nie maklik is nie. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

  • Is dit ooit vir jou moeilik om ander van Jehovah te vertel?

  • Wat het Grayson gehelp om nie meer bang te wees nie?

Dit is makliker om lojaal aan Jehovah te wees wanneer ons lief is vir die dinge wat hy liefhet en die dinge haat wat hy haat. Lees Psalm 97:10, en bespreek dan hierdie vrae:

  • As jy dink aan alles wat jy geleer het, wat is party van die dinge waarvoor Jehovah lief is? Wat is party van die dinge wat hy haat?

  • Hoe kan jy leer om lief te wees vir wat goed is en om te haat wat sleg is?

6. Dit is goed vir ons wanneer ons gehoorsaam is aan Jehovah

Om gehoorsaam te wees aan Jehovah, is altyd die beste ding om te doen. Lees Jesaja 48:17, 18, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Dink jy dat ons kan vertrou dat Jehovah altyd weet wat die beste vir ons is? Hoekom?

  • Hoe het jou Bybelstudie en die dinge wat jy oor die ware God, Jehovah, geleer het, jou sover gehelp?

PARTY MENSE SÊ: “Die dinge wat ek doen, maak nie regtig vir God saak nie.”

  • Watter vers kan jy gebruik om te wys dat die dinge wat ons doen, Jehovah gelukkig of hartseer kan maak?

WAT ONS GELEER HET

Jy kan wys dat jy lief is vir Jehovah deur hom te gehoorsaam en lojaal aan hom te bly selfs wanneer dit moeilik is.

Hersiening

  • Wat het jy uit Job se voorbeeld geleer?

  • Hoe sal jy wys dat jy lief is vir Jehovah?

  • Wat sal jou help om lojaal aan Jehovah te bly?

Doelwit

LEER MEER

Kyk hoe jy lojaal aan Jehovah en die gemeente kan wees.

“Aan iemand wat lojaal is, is u lojaal” (16:49)

Kyk hoe selfs jongmense kan wys dat hulle lief is vir Jehovah.

Maak Jehovah gelukkig (8:16)

Hoe kan ’n jong persoon lojaal aan Jehovah bly selfs wanneer ander jongmense druk op hom plaas?

Weerstaan groepsdruk! (3:59)