Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIE 16

Opbouend en positief

Opbouend en positief

Job 16:5

WAT JY MOET DOEN: Fokus op dinge wat ’n situasie verbeter en mense sal opbou.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Jy moet ’n positiewe beskouing van jou gehoor hê. Jy moet die vertroue hê dat jou broers en susters Jehovah se hart wil bly maak. Selfs wanneer jy raad moet gee, moet jy hulle eers opreg prys wanneer dit moontlik is.

  • Beperk negatiewe materiaal. Wanneer jy ’n onderwerp bespreek, moet jy slegs negatiewe inligting insluit as dit regtig nodig is. Jou aanbieding moet oor die algemeen positief wees.

  • Maak goed gebruik van God se Woord. Vestig die aandag op wat Jehovah in die verlede gedoen het, wat hy nou doen en wat hy in die toekoms vir die mens sal doen. Bou jou gehoor op en moedig hulle aan.