Die tweede brief aan die Korintiërs 7:1-16

  • Ons reinig ons van alles wat besoedel (1)

  • Paulus se vreugde oor Korintiërs (2-4)

  • Titus bring ’n goeie verslag (5-7)

  • Hartseer volgens God se wil lei tot berou (8-16)

7  Aangesien ons dan hierdie beloftes het,+ geliefdes, laat ons ons reinig van alles wat liggaam* en gees besoedel+ en daarna streef om met vrees vir God volmaakte heiligheid te bereik.  Maak plek vir ons in julle harte.+ Ons het nie verkeerde dinge aan enigiemand gedoen nie, ons het niemand benadeel nie, ons het van niemand misbruik gemaak nie.+  Ek sê dit nie om julle te veroordeel nie. Want ek het al voorheen gesê dat julle in ons harte is, of ons nou lewe en of ons nou sterf.  Ek kan reguit met julle praat. Ek is baie trots op julle. Ek is grootliks vertroos, en ek loop oor van vreugde in al ons moeilike tye.+  Ja, toe ons in Masedoʹnië+ aangekom het, het ons* geen verligting gekry nie, maar daar was heeltyd druk van alle kante af – buite was daar aanvalle, binne was daar vrese.  Maar God, wat die terneergedruktes vertroos,+ het ons deur die teenwoordigheid van Titus vertroos,  en nie net deur sy teenwoordigheid nie, maar ook deur die vertroosting wat hy as gevolg van julle ontvang het. Want hy het ons vertel dat julle na my verlang en van julle groot hartseer en julle opregte besorgdheid* oor my, en dit het my nog blyer gemaak.  Selfs al het ek julle hartseer gemaak met my brief,+ is ek nie spyt daaroor nie. Al was ek aan die begin spyt daaroor (aangesien daardie brief julle hartseer gemaak het, al was dit net ’n klein rukkie),  is ek nou bly, nie net omdat julle hartseer gemaak is nie, maar omdat julle berou getoon het as gevolg van julle hartseer. Want julle is hartseer gemaak in ooreenstemming met God se wil, en julle is glad nie deur ons benadeel nie. 10  Want om hartseer te wees in ooreenstemming met God se wil, lei tot berou wat weer tot redding lei, en ’n mens sal nie spyt wees daaroor nie,+ maar die hartseer van die wêreld lei tot die dood. 11  Want kyk net hoe hard julle probeer het om te doen wat reg is omdat julle hartseer gemaak is in ooreenstemming met God se wil: Julle het julleself gesuiwer, julle was ontsteld oor die oortreding, julle het gevrees, julle het daarna verlang om berou te toon, julle was ywerig, julle het die oortreding reggestel!+ Julle het in elke opsig bewys dat julle onskuldig* is in hierdie saak. 12  Al het ek aan julle geskryf, het ek dit nie gedoen vir die een wat die onreg gedoen het nie+ en ook nie vir die een aan wie die onreg gedoen is nie, maar sodat julle voor God kon bewys dat julle ywerig is om na ons woorde te luister. 13  Daarom is ons vertroos. Ons is nie net vertroos nie, maar ook baie bly as gevolg van Titus se vreugde, omdat julle almal hom* opgebeur het. 14  Ek het by hom oor julle gespog, en julle het my nie teleurgestel nie, maar net soos ons altyd met julle die waarheid gepraat het, het ons die waarheid gepraat toe ons by Titus oor julle gespog het. 15  En sy liefde vir julle word al hoe sterker terwyl hy dink aan julle almal se gehoorsaamheid+ en hoe julle hom met diep respek ontvang het. 16  Ek is bly dat ek in elke opsig vertroue in julle* kan hê.

Voetnote

Lett. “vlees”.
Lett. “ons vlees”.
Lett. “julle ywer”.
Of “suiwer; kuis”.
Lett. “sy gees”.
Of moontlik “goeie moed as gevolg van julle”.