Daniël 12:1-13

  • “Tyd van die einde” en daarna (1-13)

    • Migael sal opstaan (1)

    • Dié wat insig het, sal helder skyn (3)

    • “Ware kennis sal oorvloedig word” (4)

    • Daniël sal opstaan om sy deel te ontvang (13)

12  “Gedurende daardie tyd sal Miʹgael*+ opstaan, die groot prins+ wat tot voordeel van jou volk staan. En daar sal ’n moeilike tyd aanbreek soos daar nie was vandat ’n nasie ontstaan het tot op daardie tyd nie. En gedurende daardie tyd sal jou volk gered word,+ elkeen wat in die boek opgeskryf is.+  En baie van dié wat in die stof van die aarde slaap, sal wakker word – sommige tot die ewige lewe en ander tot skande en ewige verwerping.  “En dié wat insig het, sal so helder skyn soos die hemele, en dié wat baie mense help om ’n regverdige weg te volg, sal so helder skyn soos die sterre, vir ewig en altyd.  “Hou die woorde geheim, Daniël, en verseël die boek tot die tyd van die einde toe.+ Baie sal dit deeglik ondersoek,* en die ware kennis sal oorvloedig word.”+  Toe het ek, Daniël, twee ander daar sien staan, een op hierdie oewer van die rivier en die ander aan die oorkant van die rivier.+  Toe het een vir die man in linneklere,+ wat bokant die waters van die rivier was, gevra: “Hoe lank sal dit wees voordat hierdie wonderlike dinge vervul is?”  Toe het ek die man in linneklere, wat bokant die waters van die rivier was, hoor praat. Hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgelig en gesweer by die Een wat vir ewig lewe:+ “Dit sal ’n vasgestelde tyd, vasgestelde tye en ’n halwe tyd* wees. Sodra die mag van die heilige volk gebreek is,+ sal al hierdie dinge tot ’n einde kom.”  Ek het gehoor, maar ek kon nie verstaan nie,+ en daarom het ek gevra: “O my heer, wat sal die uiteinde van hierdie dinge wees?”  Toe het hy gesê: “Gaan, Daniël, want die woorde moet geheim gehou word en verseël word tot die tyd van die einde toe.+ 10  Baie sal hulle reinig en sal gesuiwer word.+ En die goddeloses sal goddeloos optree, en nie een van die goddeloses sal verstaan nie, maar dié wat insig het, sal verstaan.+ 11  “En van die tyd af dat die gereelde offerande*+ verwyder is en die walglike ding wat verwoesting veroorsaak, opgerig is,+ sal daar 1 290 dae wees. 12  “Gelukkig is die een wat gretig bly wag tot die einde van die 1 335 dae! 13  “Maar jy moet aanhou tot die einde toe. Jy sal rus, maar jy sal opstaan om jou deel te ontvang* aan die einde van die dae.”+

Voetnote

Beteken “wie is soos God?”
Of “sal rondswerf”.
D.w.s. drie en ’n half tye.
Of “voortdurende kenmerk”.
Of “op die plek wat aan jou toegewys is”.