Aan die Hebreërs 11:1-40

  • Definisie van geloof (1, 2)

  • Voorbeelde van geloof (3-40)

    • Sonder geloof onmoontlik om God se goedkeuring te verkry (6)

11  Geloof is die vaste vertroue dat die dinge waarvoor ’n mens hoop, sal gebeur.+ Dit is die duidelike* bewys dat dinge wat nie gesien word nie, ’n werklikheid is.  Want deur middel hiervan het die manne van die ou tyd* God se goedkeuring ontvang.*  Deur geloof verstaan ons dat die dinge in die hemel en op die aarde deur God se woord voorberei is,* sodat wat gesien word, ontstaan het uit dinge wat nie gesien word nie.  Deur geloof het Abel ’n offerande van groter waarde aan God gebring as dié van Kain,+ en deur hierdie geloof het hy die getuienis ontvang dat hy regverdig is, want God het sy gawes goedgekeur.*+ En al het hy gesterf, praat+ hy nog steeds deur sy geloof.  Deur geloof is Henog+ weggeneem sodat hy nie die dood sou sien nie, en hy kon nêrens gevind word nie omdat God hom weggeneem het.+ Voordat hy weggeneem is, het hy die getuienis ontvang dat hy God se hart bly gemaak het.  Wat meer is, sonder geloof is dit onmoontlik om God se goedkeuring te verkry, want as iemand God wil nader, moet hy glo dat hy bestaan* en dat hy die beloner word van dié wat hom ernstig soek.+  Deur geloof het Noag+ vrees vir God geopenbaar nadat hy ’n waarskuwing van God ontvang het oor dinge wat nog nie gesien is nie.+ Hy het ’n ark gebou+ sodat sy huisgesin gered kon word. Deur hierdie geloof het hy die wêreld veroordeel,+ en hy het ’n erfgenaam geword van die regverdigheid wat deur geloof verkry word.  Deur geloof was Abraham+ gehoorsaam toe hy geroep is om weg te trek na ’n plek wat hy as ’n erfenis sou ontvang. Hy het weggetrek, al het hy nie geweet waarheen hy gaan nie.+  Deur geloof het hy as ’n uitlander in die land van die belofte gewoon.+ Hy het in tente gewoon+ saam met Isak en Jakob, wat saam met hom erfgename van presies dieselfde belofte was.+ 10  Want hy het uitgesien na die stad wat ware fondamente het, wat deur God ontwerp en gebou is.*+ 11  Deur geloof het Sara krag ontvang om swanger te word,* al was sy te oud daarvoor,+ want sy het geglo dat die Een wat die belofte gemaak het, getrou* is. 12  Daarom is daar uit een man wat so goed as dood was,+ kinders gebore+ wat so baie soos die sterre van die hemel en so ontelbaar soos die sand op die strand is.+ 13  In geloof het hulle almal gesterf, al het hulle nie die vervulling van die beloftes ontvang nie.+ Maar hulle het dit van ver af gesien+ en dit verwelkom en in die openbaar bekend gemaak dat hulle vreemdelinge en tydelike inwoners in die land is. 14  Want dié wat so praat, maak dit duidelik dat hulle ernstig op soek is na ’n plek wat hulle eie is. 15  En tog, as hulle bly dink het aan die plek waaruit hulle weggetrek het,+ sou hulle ’n geleentheid gevind het om terug te gaan. 16  Maar nou sien hulle uit na ’n beter plek, ’n plek wat tot die hemel behoort. Daarom is God nie skaam om hulle God genoem te word nie,+ want hy het selfs ’n stad vir hulle voorberei.+ 17  Deur geloof het Abraham, toe hy getoets is,+ Isak so goed as geoffer. Hierdie man, wat die beloftes met blydskap ontvang het, het sy enigste* seun probeer offer,+ 18  al is daar vir hom gesê: “Wat jou nageslag* genoem sal word, sal deur Isak wees.”+ 19  Maar hy het geredeneer dat God hom selfs uit die dood kon opwek, en hy het hom toe ook in ’n figuurlike sin*+ daaruit terugontvang. 20  Deur geloof het Isak vir Jakob+ en Esau+ geseën in verband met dinge wat in die toekoms sou gebeur. 21  Deur geloof het Jakob elkeen van Josef se seuns+ geseën toe hy op die punt gestaan het om te sterf,+ en hy het aanbid terwyl hy op die bopunt van sy staf geleun het.+ 22  Deur geloof het Josef na aan die einde van sy lewe gepraat van die uittog van die Israeliete, en hy het instruksies* in verband met sy liggaam* gegee.+ 23  Deur geloof is Moses ná sy geboorte drie maande lank deur sy ouers weggesteek+ omdat hulle gesien het dat die jong kind mooi is+ en hulle nie vir die koning se bevel bang was nie.+ 24  Deur geloof het Moses geweier om die seun van Farao se dogter+ genoem te word toe hy groot was.+ 25  Hy het eerder gekies om saam met God se volk sleg behandel te word as om sonde ’n kort tydjie te geniet, 26  omdat die skande van die Christus vir hom waardevoller was as die skatte van Egipte, want hy het sy oë stip op die beloning gehou. 27  Deur geloof het hy Egipte verlaat,+ maar hy was nie bang vir die woede van die koning nie,+ want hy het standvastig gebly soos iemand wat die Onsigbare sien.+ 28  Deur geloof het hy die Pasga gevier en die bloed aan die deurposte gespat, sodat die vernietiger niks aan hulle eersgeborenes sou doen nie.+ 29  Deur geloof het hulle deur die Rooisee getrek asof dit droë grond was,+ maar toe die Egiptenare dit probeer doen het, het hulle verdrink.+ 30  Deur geloof het die mure van Jeʹrigo geval nadat die volk sewe dae lank daarom gemarsjeer het.+ 31  Deur geloof het Ragab, die prostituut, nie doodgegaan saam met dié wat ongehoorsaam was nie, want sy het die spioene vreedsaam ontvang.+ 32  En wat sal ek nog sê? Want daar is nie genoeg tyd vir my om nog te vertel van Giʹdeon,+ Barak,+ Simson,+ Jefta,+ Dawid+ sowel as Samuel+ en die ander profete nie. 33  Deur geloof het hulle koninkryke verslaan,+ gedoen wat reg is, beloftes verkry,+ die bekke van leeus toegestop,+ 34  die krag van vuur weerstaan,+ van die skerpte van die swaard ontsnap,+ hulle swakheid verander in krag,+ dapper geword in oorlog+ en aanvallende leërmagte laat vlug.+ 35  Vrouens het hulle dooies deur ’n opstanding ontvang,+ maar ander manne is gemartel, want hulle het geweier om vrygelaat te word,* sodat hulle ’n beter opstanding kan verkry. 36  En ander het gely omdat hulle bespot en met ’n gésel* geslaan is, en selfs omdat hulle geboei+ en gevange gehou+ is. 37  Hulle is met klippe doodgegooi,+ hulle is getoets, hulle is in twee* gesaag, hulle is met die swaard doodgemaak.+ Hulle het rondgeloop in skaapvelle, in bokvelle,+ terwyl hulle gebrek gely het, swaargekry het+ en sleg behandel is.+ 38  En die wêreld het hulle nie verdien nie. Hulle het rondgeloop in woestyne en berge en grotte+ en gate van die aarde. 39  En tog het hulle almal, al het hulle as gevolg van hulle geloof ’n goeie getuienis gekry, nie die vervulling van die belofte ontvang nie, 40  want God het iets beters vir ons in gedagte gehad.+ Hulle sou dus nie sonder ons tot volmaaktheid gebring word nie.

Voetnote

Of “oortuigende”.
Of “ons voorvaders”.
Lett. “getuienis aangaande hulleself ontvang”.
Of “dat die stelsels van dinge deur God se woord georden is”. Sien Woordelys, “Stelsel van dinge”.
Of “erken deur getuienis te gee”.
Lett. “is”.
Of “waarvan God die argitek en boumeester is”.
Lett. “saad te ontvang”.
Of “betroubaar”.
Lett. “eniggebore”.
Lett. “saad”.
Of “by wyse van illustrasie”.
Of “’n bevel”.
Of “begrafnis”. Lett. “beendere”.
Of “om deur die een of ander losprys bevry te word”.
Of “stukkend”.