Spreuke 25:1-28

  • Vertroulikheid (9)

  • Woord op regte tyd (11)

  • Respekteer privaatheid (17)

  • Kole op vyand se kop (21, 22)

  • Goeie berig soos koue water (25)

25  Hier is nog spreuke van Salomo,+ wat die manne van Hiskiʹa,+ die koning van Juda, opgeskryf* het:   God word verheerlik omdat hy ’n saak geheim hou,+en konings word geëer omdat hulle ’n saak ondersoek.   Net soos niemand weet hoe hoog die hemel is of hoe diep die aarde is nie,weet niemand wat in die hart van konings aangaan nie.   Verwyder die metaalskuim van die silwer,en dit sal heeltemal suiwer wees.+   Verwyder die goddelose man voor die koning,en sy troon sal stewig gevestig word in regverdigheid.+   Moenie jouself voor die koning eer nie,+en moenie tussen belangrike mense gaan staan nie.+   Want dit is beter dat hy vir jou sê: “Kom hierheen,”as dat hy jou voor ’n belangrike persoon verneder.+   Moenie haastig wees om ’n saak teen jou medemens te maak nie,want wat sal jy agterna doen as hy jou verneder?+   Praat die saak uit met jou medemens.+ En moenie vertroulike sake* openbaar nie.+ 10  Anders sal die een wat luister, skande oor jou bring,en jy sal ’n slegte berig* versprei wat jy nie kan terugtrek nie. 11  ’n Woord op die regte tydis soos goue appels in silwerhouers.*+ 12  Soos ’n oorring van goud en juwele van suiwer goud,so is ’n wyse persoon se teregwysing vir ’n oor wat bereid is om te luister.+ 13  Soos die koelheid van sneeu op die oesdag,so is ’n getroue boodskapper vir dié wat hom gestuur het,want hy gee sy meester nuwe moed.+ 14  Soos wolke en wind wat geen reën bring nie,so is ’n man wat spog oor ’n geskenk wat hy nooit gee nie.+ 15  Deur geduld word ’n bevelvoerder oorreed,en ’n vriendelike* tong kan ’n been breek.+ 16  As jy heuning vind, moet jy net genoeg eet,want as jy te veel daarvan eet, sal jy dit dalk opgooi.+ 17  Moenie te veel by jou medemens kuier nie,sodat hy nie vir jou moeg raak en jou begin haat nie. 18  Soos ’n knuppel en ’n swaard en ’n skerp pyl,so is iemand wat valslik getuig teen sy medemens.+ 19  Soos ’n gebreekte tand of ’n voet wat swik,so is vertroue in ’n onbetroubare* persoon in moeilike tye. 20  Soos iemand wat ’n kleed op ’n koue dag uittrek,en soos asyn wat op soda* gegooi word,so is die een wat liedjies sing vir iemand wat terneergedruk is.+ 21  As jou vyand* honger is, gee hom iets om te eet,en as hy dors is, gee hom iets om te drink,+ 22  want dit sal wees asof jy brandende kole op sy kop sit,*+en Jehovah sal jou beloon. 23  Die noordewind bring ’n stortreën,en ’n tong wat skinder, bring woede.+ 24  Dit is beter om op ’n hoek van die dak te woonas in dieselfde huis saam met ’n stryerige* vrou.+ 25  ’n Goeie berig wat uit ’n ver land kom,is soos koue water vir ’n siel* wat moeg is.+ 26  Soos ’n modderige fontein en ’n vuil put,so is ’n regverdige wat toegee aan* ’n goddelose. 27  Dit is nie goed om te veel heuning te eet nie,+en dit is ook nie goed om jou eie eer te soek nie.+ 28  Soos ’n stad sonder ’n muur,*so is die man wat nie sy humeur onder beheer kan hou nie.+

Voetnote

Of “oorgeskryf en saamgestel”.
Of “die geheime van ander”.
Of “kwaadwillige storie”.
Of “silwersnywerk”.
Of “sagte”.
Of moontlik “bedrieglike”.
Of “alkali”.
Lett. “die een wat jou haat”.
D.w.s. om iemand se hart sag te maak en sy hardheid te laat wegsmelt.
Of “neulerige”.
Lett. “wankel voor”.
Of “met ’n afgebreekte muur”.