Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 124

Bly lojaal

Bly lojaal

(Psalm 18:25)

  1. 1. Bly lojaal aan God ons Vader,

    wees standvastig en getrou.

    As sy knegte, toegewydes,

    wil ons sy gebooie hou.

    God se raad is tot ons beswil,

    en ons sal nie daarteen stry.

    Hy’s lojaal en ons vertrou hom;

    ons sal altyd by hom bly.

  2. 2. Bly lojaal aan broers en susters,

    staan hul deur beproewings by.

    Altyd sorgsaam en goedhartig

    sal ons teenoor hulle bly.

    Uit die hart sal ons respek toon

    en ons broers en susters eer.

    Dit is liefde wat ons saambind,

    wat ons so laat reageer.

  3. 3. Bly lojaal aan hulle leiding

    wanneer herders oor ons waak.

    Hulle raad strek ons tot voordeel;

    mag dit steeds ons harte raak.

    Dan sal God se ryke seën

    op ons rus en krag voorsien.

    O Jehovah, as lojales

    wil ons u vir ewig dien.