Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 13

Christus, ons Voorbeeld

Christus, ons Voorbeeld

(1 Petrus 2:​21)

  1. 1. Die grootste liefdedaad

    waarby die mensdom baat,

    is God se gawe van Christus as losprys.

    Hy’s aarde toe gestuur,

    as mens gebore hier,

    lojaal het hy sy getrouheid bewys.

  2. 2. Hy’t God se Woord vertrou,

    hom daarmee opgebou,

    en so gegroei in sy wysheid en insig.

    Getrou het hy gedien,

    ’n voorbeeld so voorsien,

    sy werk op aarde met vreugde verrig.

  3. 3. Mag ons Jehovah eer,

    soos ons by Jesus leer,

    en elke dag leef soos hy ook geleef het.

    Ons volg sy lewensweg

    en dien ons God opreg,

    ja, laat ons altyd op sy voorbeeld let.