LIED 133
Aanbid Jehovah in jou jeug
-
1. Ons is as jongmense kosbaar vir God,
want met ons jeug dien ons hom met genot.
Liefde en seëninge kry ons van hom.
Hy ondersteun ons, ons weet hy gee om.
-
2. Ons sal ons ouers ons lewe lank eer,
want dit bewys dat ons hulle waardeer.
By ander mense maak dit ons geliefd.
Vriendskap met God sal ons dan ook geniet.
-
3. Mag ons as jonges ons Skepper onthou,
liefde vir God en die waarheid opbou.
Ons doen ons bes en maak God se hart bly.
Geen beter Vriend sal ’n mens ooit kan kry.
(Sien ook Ps. 71:17; Klaagl. 3:27; Ef. 6:1-3.)