Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 149

’n Oorwinningslied

’n Oorwinningslied

(Eksodus 15:1)

  1. 1. Sing vir Jehovah. Sy naam is so groot en verhewe.

    Verslaan daar in die Rooisee, lê Farao en sy leër.

    Loof Jah Jehovah;

    geen God kan met hom vergelyk word.

    Jehovah is sy naam;

    hy oorwin, ja, elke keer.

    (REFREIN)

    Jehovah God, almagtige Heer,

    u bly dieselfde tot in ewigheid.

    U wis dié uit wat u nie wil vereer,

    herstel u naam se heiligheid.

  2. 2. Konings vergader en neem stelling in teen Jehovah.

    Ten spyte van hul mag

    word hul naam ook gou vergeet.

    By Armageddon

    sal God al sy vyande oordeel.

    Jehovah is sy naam —

    dan sal almal dit moet weet.

    (REFREIN)

    Jehovah God, almagtige Heer,

    u bly dieselfde tot in ewigheid.

    U wis dié uit wat u nie wil vereer,

    herstel u naam se heiligheid.