Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 129

Ons sal volhard

Ons sal volhard

(Matteus 24:13)

  1. 1. Hoe kan ons volhard

    en net soos Jesus moedig bly?

    Volg sy voorbeeld na,

    hy het hom in sy hoop verbly.

    Sy toekoms was seker,

    niks kon hom onderkry.

    (REFREIN)

    Volharding is noodsaaklik.

    Geloof moet ons behou.

    Al weet ons dis nie maklik,

    volhard ons tot die einde toe getrou.

  2. 2. Met verloop van tyd

    sal ons dalk pyn en angs ervaar.

    Beter tye kom,

    al kry ons nou dalk baie swaar.

    Geen lyding, geen trane —

    sien jy jouself al daar?

    (REFREIN)

    Volharding is noodsaaklik.

    Geloof moet ons behou.

    Al weet ons dis nie maklik,

    volhard ons tot die einde toe getrou.

  3. 3. Ons dien God getrou,

    ja, sonder twyfel, sonder vrees.

    Ons hou goeie moed,

    sy dag sal binnekort hier wees.

    Ons sal dus volhard met

    ’n positiewe gees.

    (REFREIN)

    Volharding is noodsaaklik.

    Geloof moet ons behou.

    Al weet ons dis nie maklik,

    volhard ons tot die einde toe getrou.