Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 43

’n Dankgebed

’n Dankgebed

(Psalm 95:2)

  1. 1. Vader Jehovah, ons loof u en dank u.

    In ons gebed wil ons u eer en prys.

    Ons het vertroue in u as ons Vader,

    wat tere sorg aan u kinders bewys.

    Weens onvolmaaktheid pleeg ons dikwels sonde.

    Ons moet u daagliks vergifnis bly vra.

    U het die losprys voorsien vir ons sonde.

    Dankie dat u ons deur swakhede dra.

  2. 2. Ons wil u dank vir u liefde en goedheid

    en dat ons u hegte vriende kan wees.

    Leer ons u wil dat ons altyd verbeter.

    Ons wil lojaal dien en u altyd vrees.

    Dankbaar is ons vir u gees wat ons krag gee.

    Dit help ons altyd om moedig te bly.

    Mag ons u ned’rig bly dien met groot blydskap.

    Dankie, o God, dat u ons seën en lei.