Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 50

My toewydingsgebed

My toewydingsgebed

(Matteus 22:37)

  1. 1. Neem my hart, dis toegewy;

    mag dit in u waarheid bly.

    Neem my stem en laat dit sing;

    mag dit lof aan u bly bring.

  2. 2. Neem my hande, voete, Heer,

    en gebruik dit tot u eer.

    Neem my silwer en my goud;

    niks sal ek van u t’rughou.

  3. 3. Neem my lewe; laat my sien

    hoe ek u getrou kan dien.

    Neem my, Heer, want ek wil graag

    altyd doen wat u behaag.