Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 83

“Van huis tot huis”

“Van huis tot huis”

(Handelinge 20:20)

  1. 1. Van huis tot huis, van deur tot deur,

    verkondig ons Gods Woord.

    Van stad tot stad, van plaas tot plaas,

    soek ons in elke oord.

    Die nuus dat God se Koninkryk

    alreeds oor ons regeer,

    word uitgedra deur jonk en oud

    die hele wêreld deur.

  2. 2. Van huis tot huis, van deur tot deur,

    word redding aangebied.

    Die naam van God moet mense ken

    om lewe te geniet.

    Maar hoe kan hulle iemand ken

    as hul nie van hom hoor?

    Ons dra dus nou aan elke mens

    die waarheidsboodskap oor.

  3. 3. Ons gaan dan nou van deur tot deur

    en dra Gods boodskap uit.

    Party sal luister, ander nie,

    dit bly nog hul besluit.

    Maar ons verkondig God se naam

    aan elke luisteraar.

    En in ons werk van deur tot deur

    vind ons sy skape daar.