Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 88

Maak u weë aan my bekend

Maak u weë aan my bekend

(Psalm 25:4)

  1. 1. Ons dank u, Jehovah, u het ons genooi;

    dis waarom ons hier bymekaar is.

    U Woord is ’n lig, ’n lamp vir ons voete;

    so leer u ons alles wat waar is.

    (REFREIN)

    Leer my u weë, en laat my tog verstaan

    hoe wys dit is om daarop ag te slaan.

    Rig ook my treë in waarheid en in reg;

    en mag ek my verlustig in u weg.

  2. 2. U wysheid, Jehovah, is sonder gelyk;

    u oordele lei tot verblyding.

    U Woord is volmaak, verdien ons bewond’ring;

    u waarheid voorsien ons van leiding.

    (REFREIN)

    Leer my u weë, en laat my tog verstaan

    hoe wys dit is om daarop ag te slaan.

    Rig ook my treë in waarheid en in reg;

    en mag ek my verlustig in u weg.