Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 96

God se boek — ’n Ware skat

God se boek — ’n Ware skat

(Spreuke 2:1)

  1. 1. Daar is ’n boek wat deur sy baie blaaie

    die mensdom hoop gee waarna hul kan streef.

    Dit het ’n boodskap, waarlik diep en kragtig;

    dit laat die “blindes” sien, laat “dooies” leef.

    Die kosbaar boek is God se Woord, die Bybel,

    en dit is lank gelede neergeskryf

    deur manne wat Jehovah liefgehad het,

    en deur sy gees is hulle aangedryf.

  2. 2. Hul het geskryf oor God se skeppingsdade;

    deur mag het hy die heelal laat verskyn.

    En hul vertel ook hoe die mens volmaak was,

    maar hulle Paradys het toe verdwyn.

    Ons lees ook van die opstand van ’n engel

    teen God en teen Sy soewereiniteit.

    Die resultaat was sonde, pyn en hartseer,

    maar binnekort bring God geregtigheid.

  3. 3. Vandag leef ons in tye van groot vreugde:

    Jehovah God se Koninkryk regeer.

    Die goeie nuus verkondig ons aan almal,

    die nuwe wêreld is nou voor die deur.

    Ja, hierdie boek praat van ’n beter toekoms;

    die blaaie bied ’n geestelike fees.

    Dit gee ons vrede ver bo ons verwagting.

    Mag ons dus elke dag in dié boek lees.