Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jy kan wysheid vind

Jy kan wysheid vind

“Die hele Skrif is deur God geïnspireer” (2 Timoteus 3:16). In hierdie vers beteken “geïnspireer” dat die almagtige God sy gedagtes in die verstande van die Bybelskrywers geplaas het.

God nooi jou om jouself deur sy wysheid te bevoordeel

“Ek, Jehovah, is . . . die Een wat jou leer om jouself te bevoordeel, die Een wat jou lei op die weg wat jy moet volg. As jy maar net aan my gebooie aandag sal skenk! Dan sal jou vrede net soos ’n rivier word, en jou regverdigheid soos die golwe van die see.” – JESAJA 48:17, 18.

Dink aan hierdie woorde as ’n persoonlike uitnodiging van God. Hy wil hê dat jy innerlike vrede en ewige geluk moet hê. Hy kan jou help om dit te vind.

God se wysheid is beskikbaar vir jou

“Die goeie nuus moet . . . aan mense van al die nasies verkondig word.” – MARKUS 13:10.

Die “goeie nuus” sluit Jehovah se beloftes in om ’n einde te maak aan alle swaarkry, om die aarde in ’n paradys te verander en om ons geliefdes wat dood is, weer lewend te maak. Jehovah se Getuies verkondig hierdie Bybelse boodskap wêreldwyd.