Spring na inhoud

VERDUIDELIKINGS VAN BYBELVERSE

Romeine 5:8 – ‘Christus het vir ons gesterf toe ons nog sondaars was’

Romeine 5:8 – ‘Christus het vir ons gesterf toe ons nog sondaars was’

 “God toon sy eie liefde vir ons deurdat Christus vir ons gesterf het terwyl ons nog sondaars was.” – Romeine 5:8, Nuwe Wêreld-vertaling.

 “God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”– Romeine 5:8, Ou Afrikaanse Bybelvertaling (1953).

Betekenis van Romeine 5:8

 Jehovah a God het sy groot liefde getoon toe hy toegelaat het dat sy Seun, Jesus Christus, vir sondige mense gesterf het (Johannes 3:16). Omdat mense sondig is, is hulle geneig om op maniere te dink en op te tree wat teen God se regverdige standaarde is (Kolossense 1:21, 22). Maar God het dit vir ons moontlik gemaak om “deur die dood van sy Seun” met Hom versoen te raak (Romeine 5:10). As gevolg hiervan kan ons die geleentheid hê om ’n goeie verhouding met God nou te geniet en het ons die hoop om vir ewig in die toekoms te lewe. – Romeine 5:11; 1 Johannes 4:9, 10.

Konteks van Romeine 5:8

 Die apostel Paulus het hierdie woorde aan die Christene in Rome geskryf. In hoofstuk 5 verduidelik Paulus hoekom Christene bly en oortuig kan wees van hulle hoop (Romeine 5:1, 2). Daardie hoop “lei nie tot teleurstelling nie” omdat dit gebaseer is op God se groot liefde toe hy sy Seun, Jesus, vir ons opgeoffer het (Romeine 5:5, 6). Jesus het volmaak gehoorsaam aan God gebly, iets wat die eerste mens, Adam, nie gedoen het nie (Romeine 5:19). As gevolg van Adam se ongehoorsaamheid het sonde en die dood na sy nakomelinge versprei (Romeine 5:12). Maar Jesus se volmaakte gehoorsaamheid en offerdood maak dit vir gehoorsame mense moontlik om die hoop op die ewige lewe te hê. – Romeine 5:21.

a Volgens die Bybel is God se naam Jehovah. – Psalm 83:18.