Spring na inhoud

Verbied Jehovah se Getuies sekere rolprente, boeke of liedjies?

Verbied Jehovah se Getuies sekere rolprente, boeke of liedjies?

 Nee. Ons organisasie resenseer nie spesifieke rolprente, boeke of liedjies om te beslis wat individue moet vermy nie. Waarom nie?

  Die Bybel spoor elkeen aan om sy “waarnemingsvermoëns” te oefen om te onderskei wat reg sowel as verkeerd is.—Hebreërs 5:14.

  Die Skrif sit basiese beginsels uiteen wat ’n Christen kan oorweeg wanneer hy vermaak kies. a Soos op alle gebiede van die lewe, is dit ons doelwit om ‘aan te hou om seker te maak van wat vir die Here aanneemlik is’.—Efesiërs 5:10.

  Volgens die Bybel het gesinshoofde ’n mate van gesag; hulle kan dus besluit watter vermaak vir lede van hulle gesin gepas is (1 Korintiërs 11:3; Efesiërs 6:1-4). Maar buite die gesin het niemand die gesag om spesifieke rolprente, liedjies of vermaakkunstenaars namens Getuies oor die algemeen te verbied nie.—Galasiërs 6:5.

a Die Bybel veroordeel byvoorbeeld enigiets wat spiritisme, geslagsonsedelikheid of geweld bevorder.—Deuteronomium 18:10-13; Efesiërs 5:3; Kolossense 3:8.