Spring na inhoud

Glo Jehovah se Getuies dat hulle die enigstes is wat gered sal word?

Glo Jehovah se Getuies dat hulle die enigstes is wat gered sal word?

 Nee. Talle miljoene wat in vorige eeue gelewe het en nie Jehovah se Getuies was nie, sal die geleentheid kry om gered te word. Die Bybel verduidelik dat daar in God se beloofde nuwe wêreld “’n opstanding van die regverdiges sowel as die onregverdiges” sal wees (Handelinge 24:15). Daarbenewens sal baie wat vandag lewe, God moontlik nog begin dien, en ook hulle sal redding verkry. Hoe dit ook al sy, dit is nie ons werk om te besluit wie gered en nie gered sal word nie. Daardie verantwoordelikheid is geheel en al in Jesus se hande.—Johannes 5:22, 27.