Spring na inhoud

Susters staan by lektuurtrollies buite die Nasionale Stadion in Santiago, Chili

26 DESEMBER 2023
CHILI

Getuies deel die goeie nuus by die Pan-Amerikaanse Spele vir 2023 in Chili

Getuies deel die goeie nuus by die Pan-Amerikaanse Spele vir 2023 in Chili

Vanaf 20 Oktober tot 5 November 2023 is die Pan-Amerikaanse Spele in verskillende stede in Chili gehou. Ongeveer 6 900 atlete van 46 lande het aan die internasionale geleentheid met verskillende sportsoorte deelgeneem. Amper 1 500 Getuies van Jehovah het aan ’n spesiale predikingskampanje gedurende die spele deelgeneem. Lektuurtrollies is opgestel met publikasies in Engels, Portugees en Spaans. Ons broers en susters het baie goeie gesprekke gehad met atlete en mense wat die spele bygewoon het.

Byvoorbeeld, ’n bekende atleet het na ’n lektuurtrollie toe gekom. Hy het verduidelik dat hy as ’n kind saam met sy ma vergaderinge bygewoon het. Alhoewel hy as ’n atleet finansiële sukses behaal het, het dit hom nie die geluk en tevredenheid gebring wat hy verwag het nie. Nadat die Getuies vir hom ’n paar vertroostende tekste gelees het, het hy waardering vir die vertroostende gedagtes uitgespreek.

’n Polisieman wat vergaderinge bygewoon het toe hy jonk was, het ook na ’n lektuurtrollie toe gekom. Hy het vir die broers gesê dat toe hy hulle daar sien, het dit goeie herinneringe teruggebring van die tyd wat hy saam met die gemeente spandeer het. Die broer het hom van ’n gemeente naby hom en ook van die vergaderingtye vertel. Hy was ook bly om ’n Bybel en die Geniet die lewe vir ewig!-brosjure te kry. Die polisieman het gesê dat hy baie bly is om weer kontak met Jehovah se Getuies te hê.

’n Meisie wat 19 jaar oud is en met ’n suster by ’n trollie gepraat het, het gesê dat sy onlangs gebid het vir hulp om die Bybel te verstaan. Toe ons suster vir haar ’n Bybelstudie aanbied, was sy bly om dit te aanvaar. Die suster het later daardie dag die Bybel met die meisie begin studeer, en sy studeer van toe af gereeld.

Ons is baie dankbaar teenoor ons broers en susters in Chili wat hierdie spesiale predikingskampanje ondersteun het. Die resultate van hulle ywerige pogings is verdere bewys dat Jehovah aanhou om dié te seën wat na hom soek. – Jesaja 55:6.