Spring na inhoud

12 SEPTEMBER 2023
CHILI

Suidelike deel van Chili erg beskadig deur groot oorstromings

Suidelike deel van Chili erg beskadig deur groot oorstromings

Vanaf 19 tot 23 Augustus 2023 was daar kragtige storms en baie oorstromings in die suidelike deel van Chili. Ongelukkig het hierdie oorstromings baie van ons broers en susters geaffekteer wat alreeds baie swaarkry as gevolg van die oorstromings wat in Junie 2023 in dieselfde gebied plaasgevind het. Volgens berigte is dit die meeste reën wat die streek in meer as tien jaar gekry het. Stygende watertemperature in die Stille Oseaan, saam met die weerpatroon wat as El Niño bekend staan, het meer reën en oorstromings op baie plekke veroorsaak. Byna 25 000 huise is beskadig of vernietig, en ten minste drie mense het gesterf.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Vloedwaters het ’n broer se huis waar vergaderinge gehou is, beskadig

    Nie een van ons broers of susters het gesterf of is beseer nie

  • 225 verkondigers moes hulle huise verlaat

  • 13 huise is erg beskadig

  • 38 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 3 Koninkryksale en ’n broer se huis waar vergaderinge gehou is, is beskadig, maar nie te erg nie

Noodlenigingspogings

  • Kringopsieners en plaaslike ouermanne gee aanmoediging uit die Bybel en voorsien praktiese hulp aan diegene wat deur die ramp geaffekteer is

  • 2 Noodlenigingskomitees is aangestel om toesig te hou oor die noodlenigingspogings

Ons bid vir ons broers en susters wat deur die oorstromings in Chili geaffekteer is, en ons sien uit na die tyd wanneer God se Koninkryk sal regeer en daar nie meer sulke rampe sal wees nie. – Jesaja 32:18.