Spring na inhoud

19 JULIE 2019
DENEMARKE

’n Belangrike teokratiese gebeurtenis: Die vrystelling van die Christelike Griekse Geskrifte in Yslands

’n Belangrike teokratiese gebeurtenis: Die vrystelling van die Christelike Griekse Geskrifte in Yslands

Op 19 Julie 2019 het broer Stephen Lett van die Bestuursliggaam die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Yslands vrygestel. Hy het dit met groot entoesiasme by die internasionale byeenkoms in Kopenhagen, Denemarke, gedoen.

Die voorsitter het almal in die Yslandse veld op die Vrydagoggend van die byeenkoms na ’n aparte kamer in die stadion genooi. Hierdie spesiale vergadering is gedurende middagete gehou, waar broer Lett ’n kopie van die Bybel aan elkeen van die 341 dankbare broers en susters gegee het.

Vir honderde jare het mense van Ysland die Bybel in hulle eie taal vertaal. In 1540 het Oddur Gottskálksson die eerste vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Yslands vrygestel. Vanaf 2010 gebruik ons broers en susters in Ysland die Bible of the 21st Century wat deur die Icelandic Bible Company gepubliseer is. Die broers en susters in die Yslandse veld kan nie wag om die nuwe vertaling te gebruik wanneer hulle die goeie nuus verkondig aan die meer as 300 000 mense wat die taal praat nie.

’n Broer op die vertaalspan sê: “Die vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Yslands het omtrent vier jaar geneem. Wat hierdie vertaling anders as die ander maak, is dat dit God se naam, Jehovah, terugsit op al die plekke waar dit moet wees. Dit stem ooreen met Jesus se gebed in Johannes 17:26: ‘Ek het u naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak.’”

Ons is dankbaar dat Jehovah aanhou om ons te help om die goeie nuus oor die hele bewoonde aarde te verkondig. Die vertaalwerk van die Bybel help ons om dit te doen. Ons bid dat daar nog baie mense is wat oor “die luisterryke dinge van God” wil leer wanneer hulle sy Woord in die taal van hulle hart lees. – Handelinge 2:11.