Spring na inhoud

17 APRIL 2020
FIDJI

Tropiese sikloon Harold veroorsaak baie skade op die eilande van Vanuatu en Fidji

Tropiese sikloon Harold veroorsaak baie skade op die eilande van Vanuatu en Fidji

Op 5 April 2020 het die tropiese sikloon Harold, ’n kategorie-5-storm, oor die noordelike eilande van Vanuatu beweeg en baie skade veroorsaak. op 8 April het die sikloon ook party eilande van Fidji getref en baie skade veroorsaak. Volgens berigte is nie een van ons broers dood of beseer nie.

Daar woon omtrent 280 verkondigers op Espiritu Santo, die grootste en mees noordelike eiland van Vanuatu. Geboue en oeste op hierdie eiland en ander eilande daar naby is baie erg beskadig. Die eiendom van omtrent 260 verkondigers in Fidji het ook baie skade gely. Water, elektrisiteit, en voedsel is beperk.

Die takkantoor in Fidji is besig om die verspreiding van noodlenigingsvoorraad te organiseer. Die plaaslike ouermanne moedig die broers en susters aan wat in die gebied geraak is. Ons is bly dat daar na ons broers se fisiese en geestelike behoeftes omgesien word. – Spreuke 17:17.