Spring na inhoud

29 OKTOBER 2018
FRANKRYK

Skielike oorstromings in suide van Frankryk

Skielike oorstromings in suide van Frankryk

Op 14 en 15 Oktober 2018 het swaar reën in die suide van Frankryk geval wat groot oorstromings veroorsaak het, en waarin ten minste 10 mense hulle lewe verloor het.

Volgens die takkantoor in Frankryk is al ons broers wat in hierdie streek woon, veilig, al moes party gesinne hulle huise verlaat tydens die oorstromings. ’n Paar Getuies se eiendom is beskadig, en drie eiendomme is erg beskadig. Die Noodlenigingskantoor by die takkantoor help ons broers wat deur hierdie ramp geraak is.

Ons het die volle vertroue dat ons God, Jehovah, se sterk hand ‘stewig vashou’ aan ons broers en susters wat na aan hom bly in hierdie moeilike tyd. — Psalm 63:8.