Spring na inhoud

2 FEBRUARIE 2022
MADAGASKAR

Swaar reën veroorsaak vloede in Madagaskar

Swaar reën veroorsaak vloede in Madagaskar

Gedurende Januarie 2022 het swaar reën gelei tot vloede, grondstortings en die ineenstorting van geboue in Antananarivo, die hoofstad van Madagaskar. Daar word verwag dat die swaar reën sal voortduur.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Nie een van ons broers en susters is beseer of het gesterf nie

  • Ten minste 693 verkondigers moes hulle huise verlaat

  • Geen Koninkryksale is beskadig nie

Noodlenigingspogings

  • Die Takkomitee het ’n Noodlenigingskomitee (DRC) aangestel om die noodlenigingswerk te organiseer terwyl hulle by COVID-19-veiligheidsmaatreëls bly

  • Die DRC, kringopsieners en plaaslike ouermanne help ons broers geestelik en materiëel deur tydelike blyplek, kos en ander noodsaaklikhede te reël

Ons is vol vertroue dat Jehovah sal aanhou om gedurende hierdie moeilike tyd ’n “versterkte plek” vir ons broers te wees. – Psalm 31:2.