Spring na inhoud

8 AUGUSTUS 2019
NEDERLAND

Utrecht, Nederland – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019

Utrecht, Nederland – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019
  • Datum: 2-4 Augustus 2019

  • Plek: Jaarbeurs-saalkompleks, Utrecht, Nederland

  • Programtale: Arabies, Engels, Nederlands, Nederlandse Gebaretaal, Papiamentoe, Pools, Portugees, Spaans, Twi

  • Bywoningshoogtepunt: 42 335

  • Aantal gedoop: 212

  • Aantal internasionale besoekers: 6 000

  • Genooide takkantore: Australasië, België, Brasilië, Colombia, Indonesië, Kanada, Korea, Portugal, Roemenië, Suid-Afrika, Suriname, Verenigde State

  • Plaaslike ondervinding: Die Jaarbeurs-saalkompleks het ’n maatskappy betaal om die saal skoon te maak. ’n Broer werk vir hierdie skoonmaak-maatskappy. Sy bestuurder het hom gebel en vir hom gesê: “Hier is ’n groep wat alles doen waaroor ons ooreengekom het en alles op tyd doen. Hulle maak die gebou skoon en maak reëlings om alles skoon te hou. Dit lyk asof hulle die gebou in ’n beter toestand sal los as wat ons dit vir hulle gegee het. Dis regtig ongelooflik! Ek het nog nooit so iets gesien nie. Hulle het selfs dele van die restaurant skoon gemaak wat nie eers gebruik word nie! Daar was heeltyd twee mense by die badkamers gereed om te help. En as enigiets gebeur, is daar vinnig iemand om die probleem op te los. Ek het nog nooit so iets ondervind nie.”

 

Plaaslike broers en susters verwelkom internasionale besoekers by die lughawe

Betheliete groet die internasionale besoekers vir hulle toer by die Nederlandse takkantoor

’n Internasionale besoeker en ’n plaaslike suster nooi ’n vrou na die byeenkoms

Broers en susters geniet die program in die hoofouditorium van die Jaarbeurs-saalkompleks. Daar was vyf ander sale by dieselfde kompleks wat ingeskakel het by die program

’n Paar van die 212 broers en susters wat gedoop word

Broers en susters luister aandagtig en vat notas gedurende die program

Internasionale besoekers ruil geskenke uit

Broer Geoffrey Jackson, ’n lid van die Bestuursliggaam, gee die laaste toespraak op die Sondag

Sendelinge en ander spesiale voltydse dienaars waai vir almal aan die einde van die streekbyeenkoms