Spring na inhoud

12 MEI 2023
SOEDAN

Swaar gevegte hou aan in Soedan

Swaar gevegte hou aan in Soedan

Op 15 April 2023 het ’n konflik tussen twee gewapende groepe in Khartoem, die hoofstad van Soedan, uitgebreek. Volgens nuusberigte het die gevegte gelei tot die dood van meer as 600 mense en nog 5 000 mense is beseer.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Nadat broers en susters gevlug het van die konflik in Khartoem, het hulle veilig bymekaargekom vir geestelike aanmoediging in die stad Wad Madani, Soedan

    Nie een van ons broers of susters is beseer of het gesterf nie

  • Ten minste 318 verkondigers moes hulle huise verlaat. Party het veilig gevlug na lande daar naby

  • 8 volwassenes en 5 kinders was tydelik vasgekeer by hulle werk of skool. Almal is nou weer saam met hulle families

Noodlenigingspogings

  • Die plaaslike ouermanne voorsien geestelike ondersteuning aan dié wat geraak is

  • Noodlenigingskomitees is aangestel in Soedan en die lande daar naby om die noodlenigingswerk te organiseer en om praktiese hulp te voorsien

Ons bly bid vir ons broers en susters wie se lewens deur geweld geraak is, en ons sien uit na ’n toekoms waar daar “’n oorvloed van vrede” sal wees. – Psalm 72:7.