Spring na inhoud

Swaar reën het erge vloede en wydverspreide skade veroorsaak in die Suid-Afrikaanse provinsie KwaZulu-Natal

25 APRIL 2022
SUID-AFRIKA

Swaar reën en modderstortings rig skade aan in Suid-Afrika

Swaar reën en modderstortings rig skade aan in Suid-Afrika

Op 13 April 2022 het swaar reën sekere dele van die Suid-Afrika provinsie KwaZulu-Natal getref en die dood van honderde asook wydverspreide skade veroorsaak. Party gebiede het tot 300 millimeter reën in ’n tydperk van 24 uur gekry. Baie gebiede het geen krag en water nie. ’n Hele paar paaie is weggespoel.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Nie een van ons broers of susters het gesterf nie

  • ’n Suster se dogter is ligtelik beseer toe ’n muur op haar geval het

  • ’n Broer is ligtelik beseer toe sy huis weggespoel is

  • 27 huise is heeltemal vernietig

  • 102 huise is beskadig

  • 87 verkondigers moes hulle huise verlaat

  • 2 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie

Noodlenigingspogings

  • ’n Noodlenigingskomitee is gevorm om die noodlenigingswerk te koördineer

  • Gemeentelike ouermanne en kringopsieners gee praktiese hulp aan die verkondigers wat dit nodig het

  • Alle noodlenigingspogings word in ooreenstemming met COVID-19-veiligheidsmaatreëls gedoen

Ons is vol vertroue dat Jehovah sal aanhou om saam met ons dierbare broers en susters te wees wat verlies gely het terwyl ons wag op die ewige seëninge wat hy vir ons in die toekoms gaan gee. – 2 Korintiërs 4:18.