Spring na inhoud

20 SEPTEMBER 2019
SUID-KOREA

Seoel, Suid-Korea – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019

Seoel, Suid-Korea – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019
  • Datum: 13-15 September 2019

  • Plek: KINTEX (Korea se Internasionale uitstallingsentrum) in Seoul, Suid-Korea

  • Programtale: Chinees Mandaryns, Engels, Indonesies, Koreaans, Russies, Viëtnamees

  • Bywoningshoogtepunt: 60 082

  • Aantal gedoop: 478

  • Aantal internasionale besoekers: 6 076

  • Genooide takkantore: Brasilië, Finland, Frankryk, Griekeland, Indonesië, Maleisië, Kazakstan, Skandinawië, Tsjeggies-Slowaaks, Verenigde State, Viëtnam

  • Plaaslike ondervindinge: Tjoi Ji-woong, die bestuurder van ’n maatskappy wat kos voorsien het aan die internasionale besoekers, het gesê: “’n Werker het verduidelik dat hierdie projek vir hom gewys het hoe vriendelik die Getuies is. Ek was veral beïndruk deur hoe uitlandse en Koreaanse Getuies liefde teenoor mekaar bewys het al het hulle mekaar vir die eerste keer ontmoet. Dit was asof goeie vriende mekaar weer sien. Hoewel ek al aan baie godsdiensgeleenthede deelgeneem het, was hierdie geleentheid wat deur Jehovah se Getuies gereël is, iets spesiaal.

    Ahn Seon-joe, een van die bestuurders by Eutteum-reisagentskap, het gesê: “Nadat ek gesien het hoe vriendelik Jehovah se Getuies is en hoe hulle altyd glimlag, het ek ons busbestuurders herinner om ook so vriendelik te wees. Ek het eers gewonder wat hulle geheim was, maar nadat ek ’n rukkie saam met die Getuies gewerk het, was ek verstom om uit te vind dat hulle regtig liefde en respek het vir mekaar en toepas wat hulle leer. Ek was geskok toe ek uitvind dat Getuies nie betaal word vir hulle werk nie. Ek het begin dink aan hoe ek moet verander nadat ek gesien het dat die Getuies mooi na mekaar luister en altyd met ’n glimlag antwoord. As dit moontlik is, sal ek graag weer saam met die Getuies wil werk.”

    Kim Gio-Sjik, bestuurder van die temapark MBC Moenhwa Uitsaai-stasie Dae-jang-geoem, het gesê: “Die toer wat deur Jehovah se Getuies gereël is, was baie motiverend. Hoewel ek ’n Katoliek is, het hierdie geleentheid gewys hoe ware Christene moet optree. Almal wat hier werk, het gesien hoe die Getuies saamwerk en georganiseerd is. Hulle was vriendelik teenoor ander en hulle het selfs toestemming gevra voordat hulle die kleinste ding wou gebruik by die fasiliteit. Ek was baie trots op hulle, asof ek self een van Jehovah se Getuies is.”

 

’n Groep broers en susters groet vriendelik die internasionale besoekers by die lughawe

Besoekers neem deel aan die openbare getuieniswerk saam met ’n plaaslike broer en suster

Plaaslike susters verwelkom besoekers die oggend by die byeenkomsplek

’n Besoekende suster neem ’n foto van ’n plaaslike suster wat haar jong dogtertjie vashou

’n Groot groep byeenkomsgangers luister na die program op die Saterdag

’n Broer tolk die doopvrae vir ’n broer was blind en doof is deur middel van tasbare gebaretaal

Drie susters luister aandagtig by die byeenkoms en neem notas

Broer Stephen Lett gee die laaste toespraak op die Saterdag

’n Lugfoto van die ses doopbaddens op die Saterdagmiddag

Besoekende spesiale voltydse dienaars waai vir die gehoor aan die einde van die program op die Sondag

’n Groep byeenkomsgangers, party in tradisionele kleredrag, staan reg vir ’n foto

Besoekers kyk na foto’s by die ope dag by die Bethel in Korea van baie broers en susters wat nie hulle geloof prysgegee het nie

Internasionale besoekers neem ’n foto saam met plaaslike susters by een van die uitstappies wat vir die besoekers gereël is

’n Groep susters wat ’n tradisionele Koreaanse dans, boetjaetjoem, vir besoekers opgevoer het, staan reg vir ’n foto