Spring na inhoud

2 DESEMBER 2019
TOGO

Groot oorstromings in Togo

Groot oorstromings in Togo

Daar was baie reën in Togo gedurende die 2019-reënseisoen. As gevolg van al die reën het gedeeltes van die stad Lomé oorstroom. Tweehonderd-sewe-en-vyftig verkondigers van sewe verskillende gemeentes is deur die oorstromings geraak. Noodlenigingspogings is besig om gereël te word.

In party geboue was die water omtrent een meter diep en dit het veroorsaak dat 51 broers en susters hulle huise moes verlaat. Verkondigers daar naby het hulle huise oopgemaak om na die behoeftes van ons broers om te sien.

Oorstromings het van die waterbronne in die omgewing besoedel. Die Takkomitee in Benin wat toesig hou oor die werk in Togo, het gereël dat die nodige noodlenigingsvoorrade deur die kringopsiener en plaaslike ouermanne versprei word. Hierdie voorrade sluit watersuiweringsmiddel, ontsmettingsmiddel en bleikmiddel in.

Ons bid vir Jehovah se seëning op ons broers in Togo terwyl hulle selfopofferende liefde vir mekaar wys. – Johannes 13:34, 35.