Spring na inhoud

Koninkryksaal wat opgeknap is by Pensacola-straat 1228, Honolulu, Hawaii

22 APRIL 2020
VERENIGDE STATE

Eerste “Koninkryksaal” weer toegewy ná 85 jaar

Eerste “Koninkryksaal” weer toegewy ná 85 jaar

Joseph F. Rutherford, wat toe as die president van die Wagtoringgenootskap gedien het, was daar toe hulle die Koninkryksaal by Pensacola-straat 1228, Honolulu, Hawaii, begin bou het. Dit was in 1935. Hierdie gebou is uniek omdat dit die eerste gebou in die wêreld was wat “Koninkryksaal” genoem is. Oor die volgende 80 jaar het baie mense Jehovah begin aanbid by hierdie Koninkryksaal. Vandag, 85 jaar later, word die Koninkryksaal in Pensacola-straat deur vier gemeentes gebruik wat vergaderinge in vyf tale hou, insluitende Hawaise Pidgin. a

Die Koninkryksaal, kort nadat dit in 1935 gebou is

Voor die COVID-19-pandemie het ons broers die plaaslike gemeenskap, regeringsamptenare en onderwysers genooi om die Koninkryksaal tussen 11 en 15 Februarie 2020 te besoek nadat die geskiedkundige gebou heeltemal opgeknap is. Besoekers was op ’n toer van die gebou geneem. Hulle kon na geskiedkundige uitstallings kyk en na broers luister wat gepraat het oor die werk van Jehovah se Getuies. Die hoogtepunt was op 16 Februarie, toe broer David H. Splane, ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies, ’n toewydingstoespraak gegee het.

Een suster wat met die voorbereidings vir die program gehelp het, het gesê: “Hoewel ons nie die besoekers genooi het om vir hulle te preek nie, dink ons dat dit ’n groot getuienis vir baie mense was wat andersins nooit van Jehovah se Getuies sou geleer het nie.”

Die geleentheid het ons broers en susters in die Hawaii-eilande gehelp om die ongelooflike geskiedenis van Jehovah se Getuies beter te verstaan. Hulle kon persoonlik die vervulling van die volgende woorde sien: “Op die eilande van die see sal hulle die naam van Jehovah, die God van Israel, loof.” – Jesaja 24:15.

a Gedurende die COVID-19-pandemie word alle gemeentelike vergaderinge in die Verenigde State tydelik deur middel van videoverbinding gehou eerder as in Koninkryksale.