Spring na inhoud

Links: Veldbrande brand regoor die dorp Kihei, Maui. Regs: ’n Lugfoto van die verwoesting in Lahaina, Maui

11 AUGUSTUS 2023 | BYGEWERK: 29 SEPTEMBER 2023
VERENIGDE STATE

JONGSTE NUUS – Veldbrande veroorsaak groot skade in dele van die Hawaii-eilande, VSA

JONGSTE NUUS – Veldbrande veroorsaak groot skade in dele van die Hawaii-eilande, VSA

Op 8 Augustus 2023 het ’n orkaan oor die oseaan sterk winde veroorsaak wat gelei het tot veldbrande wat vinnig oor Maui, die tweede grootste eiland in Hawaii, VSA, versprei het. Die brande het kommunikasiestelsels, huise en besighede vernietig. Die plaaslike owerhede het beveel dat mense sekere areas moet verlaat. Ten minste 97 mense het gesterf. Brandweermanne is ook besig om kleiner veldbrande op die Groot Eiland, Hawaii, te bestry.

Die volgende inligting is gebaseer op voorlopige berigte van die plaaslike broers.

Hoe dit ons broers en susters geraak het

  • Ongelukkig het 1 bejaarde broer as gevolg van die veldbrande gesterf

  • 307 verkondigers moes hulle huise verlaat

  • 42 huise is vernietig

  • 2 huise is erg beskadig

  • 38 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 1 Koninkryksaal is beskadig, maar nie te erg nie

Noodlenigingspogings

  • Kringopsieners en plaaslike ouermanne voorsien praktiese en geestelike hulp aan diegene in die gebiede wat geraak is

  • ’n Noodlenigingskomitee is aangestel om toesig oor die noodlenigingspogings te hou

Ons sien uit na die tyd wanneer God se Koninkryk ’n einde sal maak aan die uiterste weerstoestande wat soveel verskriklike probleme vir so baie mense, insluitende ons broers en susters, gedurende hierdie laaste dae veroorsaak. – Markus 4:39.