Spring na inhoud

Broer Taurai Mazarura hou ’n tablet vas met die boek Matteus in Zimbabwiese Gebaretaal gedurende ’n vooraf opgeneemde program

26 JANUARIE 2021
ZIMBABWE

Jehovah se Getuies stel Bybelboek Matteus in Zimbabwiese Gebaretaal vry

Jehovah se Getuies stel Bybelboek Matteus in Zimbabwiese Gebaretaal vry

Op 24 Januarie 2021 is Die Bybel – Die evangelie volgens Matteus in Zimbabwiese Gebaretaal vrygestel. Broer Taurai Mazarura, ’n lid van die Takkomitee in Zimbabwe, het hierdie Bybelboek in ’n vooraf opgeneemde program vrygestel.

Die 401 verkondigers wat in Zimbabwiese Gebaretaal-gemeentes dien, was opgewonde om hierdie onlangse vrystelling te kry. Hulle sien uit daarna om die boek Matteus persoonlik te studeer en ook om dit in die bediening te gebruik.

’n Zimbabwiese Gebaretaal-vertaalspan gedurende ’n opname

Die pandemie het die werk moeiliker gemaak vir die Zimbabwiese Gebaretaal-vertaalspan. Gewoonlik spandeer vertalers baie tyd saam met mense wat Zimbabwiese Gebaretaal gebruik om seker te maak dat hulle in hulle vertaling gebare gebruik wat algemeen bekend is. Maar COVID-19-beperkings het dit onmoontlik gemaak om dowe mense in die gemeenskap te besoek. Die vertalers het hierdie uitdaging oorkom deur gereeld videokonferensies met dowe mense te hou. Dit het die vertalers gehelp om ’n vertaling te lewer wat maklik deur alle dowe mense in Zimbabwe verstaan kan word.

Broer John Hunguka, ’n lid van die Takkomitee in Zimbabwe, sê: “Die onlangse vrystelling van die boek Matteus was die begin van ’n projek van Jehovah se Getuies om die hele Bybel in Zimbabwiese Gebaretaal te vertaal. Dit sal omtrent tien jaar neem om hierdie projek te voltooi.”

Hierdie projek is ’n bewys dat Jehovah lief is vir alle soorte mense. Ons is dankbaar dat hy ons seën terwyl ons hard probeer om die “ewige goeie nuus . . . aan elke nasie en stam en taal en volk” te verkondig. – Openbaring 14:6.