Jesaja 35:1-10

  • Paradys herstel (1-7)

    • Blindes sal sien en dowes sal hoor (5)

  • Weg van Heiligheid vir teruggekooptes (8-10)

35  Die wildernis en die dorre land sal juig,+en die woestyn sal vreugdevol en vol blomme wees.*+   Dit sal vir seker vol bloeisels wees.+ Dit sal bly wees en uitroep van vreugde. Die heerlikheid van die Liʹbanon sal daaraan gegee word,+die prag van Karmel+ en van Saron.+ Hulle sal die heerlikheid van Jehovah sien, die prag van ons God.   Versterk dié wie se hande slap hang,en maak die knieë wat bewe, sterk.+   Sê vir dié wat in hulle hart angstig is: “Wees sterk. Moenie bang wees nie. Kyk! Julle God sal kom om wraak te neem. God sal kom om te straf.+ Hy sal julle kom red.”+   Dan sal die oë van die blindes kan sien,+en die ore van die dowes sal kan hoor.+   Dan sal die kreupele soos ’n takbok spring,+en die tong van die stomme sal van vreugde uitroep.+ Want waters sal in die wildernis vloei,en strome in die woestyn.   Die kurkdroë grond sal verander in ’n poel vol riete,en die dorre land in waterfonteine.+ In die plek waar jakkalse gelê het,+sal daar groen gras, riete en papirusplante wees.   En daar sal ’n grootpad wees,+ja, ’n weg wat die Weg van Heiligheid genoem word. Die onreine sal nie daarop reis nie.+ Dit is net vir die een wat die weg volg. Geen dwaas sal daarop beland nie.   Daar sal geen leeuen geen gevaarlike wilde diere daarop wees nie. Hulle sal nie daar gevind word nie.+ Net dié wat teruggekoop is, sal daarop loop.+ 10  Dié wat deur Jehovah losgekoop is, sal terugkeer+ en met gejuig na Sion kom.+ Hulle sal eindelose vreugde geniet.*+ Hulle sal vol blydskap en vreugde wees,en hartseer en swaarkry sal verdwyn.+

Voetnote

Of “vreugdevol wees en blom soos die saffraan”.
Of “Eindelose vreugde sal hulle kroon wees”.