Volgens Matteus 5:1-48

  • BERGPREDIKASIE (1-48)

    • Jesus begin mense op die berg leer (1, 2)

    • Nege faktore vir geluk (3-12)

    • Sout en lig (13-16)

    • Jesus sal die Wet vervul (17-20)

    • Raad oor woede (21-26), egbreuk (27-30), egskeiding (31, 32), ede (33-37), wraak (38-42), liefde vir vyande (43-48)

5  Toe hy die skare sien, het hy teen die berg opgegaan. En nadat hy gaan sit het, het sy dissipels na hom toe gekom.  Toe het hy begin praat en hulle begin leer en gesê:  “Gelukkig is dié wat besef dat hulle God nodig het,*+ want die Koninkryk van die hemel behoort aan hulle.  “Gelukkig is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.+  “Gelukkig is dié wat saggeaard* is,+ want hulle sal die aarde ontvang.*+  “Gelukkig is dié wat honger en dors+ na regverdigheid, want hulle sal versadig word.+  “Gelukkig is dié wat genadig is,+ want aan hulle sal genade betoon word.  “Gelukkig is dié wat suiwer van hart is,+ want hulle sal God sien.  “Gelukkig is dié wat vrede maak,*+ want hulle sal kinders van God genoem word. 10  “Gelukkig is dié wat ter wille van regverdigheid vervolg is,+ want die Koninkryk van die hemel behoort aan hulle. 11  “Gelukkig is julle wanneer mense julle beledig+ en julle vervolg+ en julle valslik beskuldig van allerhande slegte dinge omdat julle my volgelinge is.+ 12  Wees bly en vreugdevol+ omdat julle beloning+ groot is in die hemel, want so het hulle die profete voor julle vervolg.+ 13  “Julle is die sout+ van die aarde, maar as die sout sy krag verloor, hoe sal dit weer sout gemaak word? Dit kan vir niks anders gebruik word as om buite gegooi te word+ en deur mense vertrap te word nie. 14  “Julle is die lig van die wêreld.+ ’n Stad kan nie weggesteek word wanneer dit op ’n berg is nie. 15  Mense wat ’n lamp aansteek, sit dit nie onder ’n emmer* nie, maar op die lampstaander, en dit skyn op almal in die huis.+ 16  Net so moet julle julle lig voor mense laat skyn,+ sodat hulle julle goeie werke+ kan sien en julle Vader wat in die hemel is, kan verheerlik.+ 17  “Moenie dink dat ek gekom het om ’n einde te maak aan die Wet of die woorde van die profete nie. Ek het nie gekom om ’n einde te maak nie, maar om te vervul.+ 18  Ek verseker julle: Hemel en aarde sal eerder verdwyn as dat die kleinste letter of selfs ’n deeltjie van ’n letter uit die Wet verdwyn. Alles wat daarin geskryf is, sal plaasvind.+ 19  Elkeen wat dan een van hierdie kleinste gebooie breek en ander leer om dit ook te doen, sal die kleinste genoem word in verband met die Koninkryk van die hemel. Maar elkeen wat dit gehoorsaam en dit aan ander leer, sal groot genoem word in verband met die Koninkryk van die hemel. 20  Want ek sê vir julle, as julle nie regverdiger is as die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie,+ sal julle beslis nie in die Koninkryk van die hemel ingaan nie.+ 21  “Julle het gehoor dat daar vir die mense van die ou tyd gesê is: ‘Jy mag nie moord pleeg nie,+ maar elkeen wat ’n moord pleeg, sal deur die hof aanspreeklik gehou word.’+ 22  Ek sê egter vir julle dat elkeen wat kwaad bly vir sy broer,+ deur die hof aanspreeklik gehou sal word, en elkeen wat iets verskrikliks sê om sy broer te beledig, deur die Hooggeregshof aanspreeklik gehou sal word, terwyl elkeen wat sê: ‘Jou nikswerd idioot!’ in die vurige Gehenʹna* kan beland.+ 23  “As jy dan jou offer na die altaar bring+ en jy daar onthou dat jou broer iets teen jou het, 24  los jou offer daar voor die altaar en gaan weg. Maak eers vrede met jou broer en kom dan terug en bring jou offer.+ 25  “Wees gou om dinge reg te stel met die een wat ’n saak teen jou gemaak het, terwyl jy nog saam met hom op pad hof toe is. Anders sal hy jou dalk op die een of ander manier aan die regter oorlewer, en die regter sal jou aan die hofbeampte oorlewer, en jy sal in die tronk gegooi word.+ 26  Ek kan jou verseker dat jy beslis nie daar sal uitkom totdat jy jou laaste sent* betaal het nie. 27  “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’+ 28  Maar ek sê vir julle dat elkeen wat aanhou om na ’n vrou te kyk+ en ’n begeerte na haar ontwikkel, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.+ 29  As jou regteroog dan vir jou ’n struikelblok is, ruk dit uit en gooi dit van jou af weg.+ Want dit is beter vir jou om een van jou liggaamsdele te verloor as dat jou hele liggaam in Gehenʹna* gegooi word.+ 30  En as jou regterhand vir jou ’n struikelblok is, kap dit af en gooi dit van jou af weg.+ Want dit is beter vir jou om een van jou liggaamsdele te verloor as dat jou hele liggaam in Gehenʹna* beland.+ 31  “Daar is ook gesê: ‘Laat elkeen wat van sy vrou skei, vir haar ’n skeibrief gee.’+ 32  Ek sê egter vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe weens seksuele onsedelikheid,* haar in ’n posisie plaas waarin sy dalk egbreuk kan pleeg. En enigiemand wat met ’n geskeide vrou trou, pleeg egbreuk.+ 33  “Julle het ook gehoor dat daar vir die mense van die ou tyd gesê is: ‘Jy mag nie sweer sonder om jou eed na te kom nie,+ maar jy moet jou geloftes aan Jehovah* betaal.’+ 34  Ek sê egter vir julle: Moet glad nie sweer nie,+ nie by die hemel nie, want dit is God se troon, 35  en ook nie by die aarde nie, want dit is die voetbank van sy voete,+ en ook nie by Jerusalem nie, want dit is die stad van die groot Koning.+ 36  Moenie by jou kop sweer nie, want jy kan nie een haar wit of swart maak nie. 37  Laat julle ‘ja’ net ja wees en julle ‘nee’, nee,+ want enigiets meer as dit is van die Duiwel* af.+ 38  “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Oog vir oog en tand vir tand.’+ 39  Ek sê egter vir julle: Moenie die een wat goddeloos is, teëstaan nie, maar as iemand jou op jou regterwang klap, draai die ander een ook na hom toe.+ 40  En as iemand jou hof toe wil neem en jou onderkleed wil vat, laat hom ook jou bo-kleed vat,+ 41  en as iemand met gesag jou dwing om een myl* saam met hom te gaan, gaan twee myl saam met hom. 42  Gee aan die persoon wat iets van jou vra, en moenie wegdraai van iemand wat by jou wil leen* nie.+ 43  “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy moet jou naaste liefhê+ en jou vyand haat.’ 44  Maar ek sê vir julle: Hou aan om julle vyande lief te hê+ en om te bid vir die mense wat julle vervolg,+ 45  sodat julle kan toon dat julle kinders is van julle Vader wat in die hemel is,+ want hy laat sy son opkom oor die goddeloses en die goeies, en hy laat dit reën op die regverdiges en die onregverdiges.+ 46  Want as julle die mense liefhet wat vir julle lief is, watter beloning het julle?+ Is dit nie iets wat die belastinggaarders* ook doen nie? 47  En as julle net julle broers groet, wat doen julle wat buitengewoon is? Is dit nie iets wat die mense van die nasies ook doen nie? 48  Julle moet dus volmaak* wees, soos julle hemelse Vader volmaak is.+

Voetnote

Of “wat bewus is van hulle geestelike behoefte; wat bedelaars vir die gees is”.
Of “sagmoedig”.
Lett. “beërf”.
Of “vredeliewend is”.
Of “maatemmer”.
Die plek buite Jerusalem waar vullis verbrand is. Sien Woordelys.
Lett. “quadrans”. Sien Aanh. B14.
Grieks: por·neiʹa. Sien Woordelys.
Lett. “die Bose”.
D.w.s. leen sonder rente.
Persone wat belasting vir die regering invorder.
Of “volkome”.