Psalms 36:1-12

  • God se kosbare lojale liefde

    • Goddelose vrees God nie (1)

    • God, die bron van lewe (9)

    • “Deur u lig kan ons lig sien” (9)

Vir die musiekleier. Van Jehovah se kneg Dawid. 36  Oortreding praat met die goddelose diep in sy hart. Daar is geen vrees vir God voor sy oë nie.+   Want hy vlei homself te veel in sy eie oëom bewus te word van sy oortreding en dit te haat.+   Die woorde van sy mond is skadelik en bedrieglik. Hy het geen insig om te doen wat goed is nie.   Selfs op sy bed beraam hy skadelike planne. Hy volg ’n weg wat nie goed is nie. Hy verwerp nie wat sleg is nie.   O Jehovah, u lojale liefde strek tot by die hemel,+u getrouheid tot aan die wolke.   U regverdigheid is soos hoë berge.*+ U oordele is soos groot, diep waters.+ U bewaar* mens en dier, o Jehovah.+   Hoe kosbaar is u lojale liefde tog, o God!+ In die skaduwee van u vlerke kom soek mense beskerming.+   Hulle drink van die ryk oorvloed* van u huis totdat hulle versadig is,+en u laat hulle drink van die stroom van u goeie dinge.+   By u is die bron van lewe.+ Deur u lig kan ons lig sien.+ 10  Hou aan om u lojale liefde te betoon aan dié wat u ken,+en u regverdigheid aan die opregtes van hart.+ 11  Moenie toelaat dat die voet van die hoogmoediges op my trapof dat die hand van die goddeloses my wegjaag nie. 12  Daar het die oortreders geval. Hulle is omgestamp en kan nie opstaan nie.+

Voetnote

Lett. “soos berge van God”.
Of “red”.
Lett. “die vettigheid”.