Psalms 6:1-10

  • Versoek om genade

    • Dooies loof God nie (5)

    • God hoor smeekgebede (9)

Vir die musiekleier: Moet met snaarinstrumente begelei word wat op Sjeminit* ingestem is. ’n Melodie van Dawid. 6  O Jehovah, moet my nie in u woede teregwys nie,en moet my nie in u woede dissiplineer nie.+   Betoon genade aan my, o Jehovah, want ek word al hoe swakker. Genees my, o Jehovah,+ want ek* bewe.   Ja, ek is baie ontsteld,+en ek vra u, o Jehovah: Hoe lank sal dit wees?+   Kom terug, o Jehovah, en red my.+ Red my ter wille van u lojale liefde.+   Want in die dood praat niemand oor u nie.* Wie sal u in die Graf* loof?+   Ek het moeg geword omdat ek so baie sug.+ Die hele nag laat ek my bed swem in die trane. My rusbank is oorstroom deur my gehuil.+   My oog het swak geword as gevolg van my hartseer.+ Dit het dof* geword weens al my vyande.   Gaan weg van my af, almal van julle wat goddeloos optree,want Jehovah sal hoor hoe ek huil.+   Jehovah sal my smeekgebed hoor.+ Jehovah sal my gebed aanvaar. 10  Al my vyande sal verneder word en moedeloos word,en hulle sal skielik in skande terugtrek.+

Voetnote

Lett. “my gebeente”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “is daar geen herinnering aan u nie”.
Of “oud”.