Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Geloof maak als moontlik

Geloof maak als moontlik

Laai af:

  1. 1. My hart was vol vrae en my dae rigtingloos.

    Toe praat jy met my, en ek wou meer hoor.

    Ek wou meer hoor toe jy met my praat.

    Antwoorde het ek toe daai dag gekry,

    gevoel hoe word my vrese so stil binne my.

    Al my vrese begin toe verdwyn.

    (REFREIN)

    Op die lang pad wat ons nou stap,

    maak geloof als moontlik.

    As jy dink daar’s nie ’n uitweg nie,

    maak geloof dit moontlik,

    maak als moontlik.

  2. 2. Ek’s lief vir die waarheid en deel wat ek weet.

    Ek voel nou gereed vir my eerste deur.

    Ek’s gereed om te deel wat ek weet.

    Geloof is soos ’n vuur. Dit brand hier in my hart.

    Ek wil dit nie verloor nie. Ek hou dit aan die brand.

    Sal dit altyd bewaar in my hart.

    (REFREIN)

    Op die lang pad wat ons nou stap,

    maak geloof als moontlik.

    As jy dink daar’s nie ’n uitweg nie,

    maak geloof dit moontlik,

    maak als moontlik.

    (BRUG)

    Wanneer donker dae, koue dae, kom soos ’n storm,

    sal ek aanhou bid vir God se hulp om my hart te beskerm.

    Hy sê: “Vat my hand, vertrou op my.

    Ek gee jou krag, ek sal jou lei.

    Ek’s altyd hier aan jou sy,

    vir nou en vir ewig.”

    (REFREIN)

    Op die lang pad wat ons nou stap,

    maak geloof als moontlik.

    As jy dink daar’s nie ’n uitweg nie,

    maak geloof dit moontlik.

    (REFREIN)

    Ek’s nou seker, ek twyfel nie:

    by God is alles moontlik.

    As jy dink daar’s nie ’n uitweg nie,

    maak geloof dit moontlik,

    maak als moontlik.