Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Plek wat aan u eer sal bring

’n Plek wat aan u eer sal bring

Laai af:

  1. 1. O God, u’s die skepper van alles –

    geen mens kan ’n huis vir u bou.

    Maar ons weet dat u hier met ons is,

    ja, u gees is in dié gebou.

    Want in hierdie plek van aanbidding

    is mense wat kom na u lig.

    En u’s bly dat ons u hier kom dien,

    en in eenheid vir u aanbid.

    (OORGANG)

    Dis uit u hand, o God,

    wat ons nou aan u t’ruggee.

    En dis hier waar ons altyd

    u sal kom prys en eer.

    (REFREIN)

    Jehovah, ons dank u en prys u

    in dié lied wat ons vir u sing.

    U’t ons hoop laat waar word, en ons weet

    hierdie plek sal aan u eer bring.

  2. 2. Ons almal wou graag ’n gebou hê

    wat eer en respek vir u bring,

    en waar ons en mense wat ons leer,

    u met waardigheid kan aanbid.

    So mag hierdie plek só gebruik word,

    en trek dié wat ons nog moet vind.

    Ons sal yw’rig aanhou in die werk

    om u skape na u te bring.

    (OORGANG)

    En uit als wat ons het,

    sal ons u net ons bes gee.

    U verdien dit, ons Vader,

    want u’t ons als gegee.

    (REFREIN)

    Jehovah, ons dank u en prys u

    in dié lied wat ons vir u sing.

    U’t ons hoop laat waar word, en ons weet

    hierdie plek sal aan u eer bring.