LIED 119
Ons moet geloof hê
-
1. In vroeëre tye het God gespreek
deur al sy profete getrou.
Maar nou leer hy ons deur Jesus, sy Seun,
en sê hy: ‘Toon tog berou.’
(REFREIN)
Toon ons sterk en vaste geloof?
Ons moet werk om dit te verkry.
Word dit deur ons werke bewys?
Dis dié geloof wat tot ons redding lei.
-
2. Ons Heer het aan ons die opdrag gegee:
Vertel goeie nuus wyd en syd.
Ons doen hierdie werk met ywer en moed
en dra die boodskap nou uit.
(REFREIN)
Toon ons sterk en vaste geloof?
Ons moet werk om dit te verkry.
Word dit deur ons werke bewys?
Dis dié geloof wat tot ons redding lei.
-
3. Geloof is ’n anker, seker en vas;
ons deins daarom nooit t’rug van vrees.
Ons redding is naby, ons sal volhard.
Jehovah sal met ons wees.
(REFREIN)
Toon ons sterk en vaste geloof?
Ons moet werk om dit te verkry.
Word dit deur ons werke bewys?
Dis dié geloof wat tot ons redding lei.
(Sien ook Rom. 10:10; Ef. 3:12; Heb. 11:6; 1 Joh. 5:4.)