Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 146

Alles word nuut gemaak

Alles word nuut gemaak

(Openbaring 21:​1-5)

  1. 1. Die tekens bewys Jesus heers op sy troon;

    met heerlikheid is hy deur God bekroon.

    Hy gooi Satan uit, maak die hemel skoon.

    Die tyd kom dat God by die mensdom woon.

    (REFREIN)

    Wees bly! Want God is by die mens,

    en hy vervul hul laaste wens.

    Ja, nooit sal daar weer pyn of trane wees.

    Geen dood of hartseer hoef ons nou te vrees.

    Ons God maak alles nuut en wonderbaar.

    Sy woord is getrou en waar.

  2. 2. Die Nuwe Jerusalem sal ook verskyn,

    die bruid van die Lam, wondermooi en rein,

    versier vir haar man met juwele fyn.

    Jehovah se lig sal vir haar bly skyn.

    (REFREIN)

    Wees bly! Want God is by die mens,

    en hy vervul hul laaste wens.

    Ja, nooit sal daar weer pyn of trane wees.

    Geen dood of hartseer hoef ons nou te vrees.

    Ons God maak alles nuut en wonderbaar.

    Sy woord is getrou en waar.

  3. 3. Die heilige stad word met vreugde verwag.

    Die poorte sal oop wees, ja, dag en nag.

    Die nasies sal lig kry van hierdie stad.

    O knegte van God, wag op daardie dag.

    (REFREIN)

    Wees bly! Want God is by die mens,

    en hy vervul hul laaste wens.

    Ja, nooit sal daar weer pyn of trane wees.

    Geen dood of hartseer hoef ons nou te vrees.

    Ons God maak alles nuut en wonderbaar.

    Sy woord is getrou en waar.