Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 145

God se belofte van die Paradys

God se belofte van die Paradys

(Lukas 23:43)

  1. 1. ’n Paradys het God belowe,

    deur middel van sy Koninkryk.

    Dan sal hy al ons sondes wegneem,

    volmaaktheid sal die mens bereik.

    (REFREIN)

    Die aarde word ’n paradys.

    Oë van geloof sien die bewys.

    Die Christus sal dit gou vervul,

    want hy doen graag sy God se wil.

  2. 2. Dis God se wil dat Christus Jesus

    die dooies dan sal laat verrys.

    So word vervul sy mooi belofte

    oor lewe in die Paradys.

    (REFREIN)

    Die aarde word ’n paradys.

    Oë van geloof sien die bewys.

    Die Christus sal dit gou vervul,

    want hy doen graag sy God se wil.

  3. 3. Die Paradys sal kom, dis seker,

    want Jesus heers met koningsmag.

    Ons dank ons God vir al sy liefde,

    besing sy lof, ja, dag ná dag.

    (REFREIN)

    Die aarde word ’n paradys.

    Oë van geloof sien die bewys.

    Die Christus sal dit gou vervul,

    want hy doen graag sy God se wil.