Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ahmad Gharabli/AFP via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Kan die nasies saam werk om ’n klimaatsramp te vermy? – Wat sê die Bybel?

Kan die nasies saam werk om ’n klimaatsramp te vermy? – Wat sê die Bybel?

 Op Sondag 20 November 2022 het die Verenigde Nasies se Klimaatkonferensie (COP27) geëindig. Hoewel ’n belangrike ooreenkoms bereik is dat finansiële bystand aan armer lande gegee word om die gevolge van klimaatsrampe te hanteer, erken baie dat dit nie die hoofoorsaak van klimaatsverandering sal oplos nie.

  •   António Guterres, die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies het op 19 November 2022 gesê dat hy bly is dat hulle besluit het om geld opsy te sit om mense te help wat swaarkry as gevolg van klimaatsverandering. Maar hy het verder gesê dat hulle weet dat dit nie genoeg sal wees nie en dat ons planeet nog steeds in gevaar is.

  •   Mary Robinson, ’n voormalige president van Ierland en ’n voormalige Hoë Kommissaris vir Menseregte van die VN het op 20 November 2022 gesê dat die aarde dalk binnekort ’n dramatiese verandering in sy klimaat sal ondervind wat tragiese gevolge sal hê.

 Jongmense is veral bekommerd oor die toekoms van ons planeet. Maar kan die nasies saam werk en hulle beloftes nakom om iets te doen aan klimaatsverandering? Wat sê die Bybel?

Sal die nasies saam werk en suksesvol wees?

 Die Bybel wys dat selfs al kan regerings iets doen om die klimaatskrisis te verbeter, hulle nie die probleem heeltemal sal oplos nie. Kyk na twee redes hoekom:

  •   “Wat krom is, kan nie reguit gemaak word nie.” – Prediker 1:15.

     Betekenis: Regerings kan nie alles doen wat hulle wil nie omdat mense nie bedoel was om oor hulleself te regeer nie (Jeremia 10:23). Selfs al kon die nasies saam werk, sou hulle nog steeds nie die wêreld se probleme kon oplos nie, maak nie saak hoe hard hulle probeer nie.

  •   “Want mense sal selfsugtig wees, geldgierig, . . . nie bereid wees om tot enigiets in te stem nie.” – 2 Timoteus 3:2, 3.

     Betekenis: Die Bybel het akkuraat voorspel dat baie mense in ons tyd selfsugtig sou wees en nie bereid sou wees om saam te werk om ander te help nie.

’n Rede om hoop te hê

 Maar die toekoms van ons planeet hang nie van die beloftes van menseregerings af nie. God het ’n bekwame Wêreldheerser, Jesus Christus, voorsien. Die Bybel sê die volgende oor hom:

  •   “Die regeringsmag sal op sy skouers wees. Hy sal genoem word: Wonderlike Raadgewer, Magtige God, Ewige Vader, Prins van Vrede.” – Jesaja 9:6, voetnoot.

 Jesus is die Koning van God se Koninkryk, of hemelse regering (Matteus 6:10). Hy het die mag, die wysheid en die begeerte om vir ons planeet en dié wat daarop lewe, te sorg (Psalm 72:12, 16). Onder sy leierskap sal hierdie hemelse regering ’n einde maak aan diegene wat ‘die aarde vernietig’ en die planeet herstel. – Openbaring 11:18; Jesaja 35:1, 7.

 Om meer uit te vind oor die beste oplossing vir klimaatsverandering wat die aarde vernietig, lees die artikel “Klimaatsverandering en ons toekoms – Wat die Bybel sê”.