Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Marek M. Berezowski/Anadolu Agency via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Tweede jaar van oorlog in Oekraïne – Watter hoop gee die Bybel?

Tweede jaar van oorlog in Oekraïne – Watter hoop gee die Bybel?

 Op Vrydag 24 Februarie 2023 sal dit een jaar wees vandat die verskriklike oorlog in Oekraïne begin het. Volgens party verslae is omtrent 300 000 soldate van Oekraïne en Rusland dood of gewond, en daar word vermoed dat omtrent 30 000 gewone mense in die oorlog gesterf het. Maar die syfers kan hoër wees.

 Ongelukkig lyk dit nie asof die oorlog binnekort tot ’n einde sal kom nie.

  •   “Amper ’n jaar nadat die Russiese weermag Oekraïne binnegeval het, is daar nog geen tekens dat die oorlog binnekort sal ophou nie. Dit lyk nie asof daar ’n beslissende oorwinning aan enige kant sal wees nie en ook nie asof die twee kante ’n oplossing sal vind waaroor hulle sal saamstem nie.” – NPR (National Public Radio), 19 Februarie 2023.

 Baie mense is met reg ontsteld oor die pyn en swaarkry wat hierdie en ander oorloë vir onskuldige mense regoor die wêreld veroorsaak. Watter hoop gee die Bybel? Sal daar ooit ’n einde aan oorlog wees?

’n Oorlog wat ’n einde sal maak aan alle oorloë

 Die Bybel praat van ’n oorlog wat die mensdom sal red, nie vernietig nie. Daardie oorlog staan bekend as Armageddon, en dit word beskryf as “die oorlog van die groot dag van God die Almagtige” (Openbaring 16:14, 16). God sal hierdie oorlog gebruik om ’n einde te maak aan menseregerings, wat soveel vernietigende oorloë veroorsaak het. Lees die volgende artikels om uit te vind hoe Armageddon blywende vrede sal bring: