Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ons beskou die wêreld

Ons beskou die wêreld

Italië

In 2011 is daar in Italië meer fietse verkoop as motors. Van die moontlike redes wat gegee is, is die ekonomiese krisis, die koste van brandstof en die instandhoudingskoste van motors. Daarteenoor is fietse betreklik goedkoop om in stand te hou, handig en maklik om te gebruik.

Armenië

Die Europese Hof van Menseregte het beslis dat die Armeense regering die regte geskend het van 17 jong mans, almal Jehovah se Getuies, wat gevange gehou is nadat hulle geweier het om burgerlike diens onder die toesig van die militêre owerheid te doen. Daar is van die regering vereis om skadevergoeding te betaal aan die 17 en om hulle regskoste te dek.

Japan

Drie-en-sestig persent van die kinders wat slagoffers was van misdade waarin sosiale netwerke ’n rol gespeel het, is glad nie deur hulle ouers gewaarsku oor die gevare wat hierdie netwerke inhou nie. In die 599 gevalle wat ondersoek is, het 74 persent van die vermeende oortreders erken dat hulle sosiale netwerke gebruik het met die doel om met minderjariges seks te hê.

China

In ’n poging om verkeersopeenhopings te verminder, stel groot stede ’n beperking op die aantal nuwe voertuie wat geregistreer word. In Beijing word daar byvoorbeeld niks meer as 240 000 registrasies per jaar uitgereik nie. In Augustus 2012 het sowat 1 050 000 mense ingeskryf vir die loting waarin 19 926 registrasiesertifikate uitgereik is, wat beteken dat net 1 uit elke 53 aansoekers suksesvol was.