Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ons beskou die wêreld

Ons beskou die wêreld

Verenigde State

Volgens statistiek van die Departement van Landbou was 14,5 persent van Amerikaanse huisgesinne—altesaam 49 miljoen mense—die een of ander tyd gedurende 2012 “nie seker of hulle genoeg kos vir al hulle gesinslede sou hê nie, of hulle kon nie genoeg [koop] nie”.

Spanje

In ’n studie onder universiteitstudente het sowat 56 persent van die vroue en 41 persent van die mans erken dat hulle hulle al skuldig gemaak het aan fuifdrinkery, wat in hierdie studie omskryf is as die inname van ten minste agt standaarddrankies ná mekaar (vir mans) of ses standaarddrankies ná mekaar (vir vroue).

Stille Oseaan

Wetenskaplikes wat op ’n diepte van sowat 11 000 meter monsters in die Mariana-trog versamel het, het gevind dat bakterieë en ander mikrobes daar floreer—ondanks algehele duisternis, geweldige druk en temperature naby vriespunt. Voorheen is daar gemeen dat lewe op hierdie dieptes skaars sal wees.

Verenigde Arabiese Emirate

In ’n poging om toenemende vetsug te bekamp, het die owerheid van Doebai inwoners onlangs een gram goud, wat toe ongeveer R390 werd was, aangebied vir elke kilogram liggaamsgewig wat hulle verloor. Om die goud te ontvang, moes mense inskryf en dan ’n minimum van twee kilogram gedurende die maand Ramadaan verloor.